Deur: David Malherbe

Die feit dat Jesus, wat ook waarlik God is, in die gestalte van ’n mens tussen mense op die aarde kom bly het, maak dat baie van ons Sy mensheid feitlik aan ons menswees wil gelykstel. Ons moet egter nooit vergeet dat Hy steeds God die Almagtige is nie.
Hy is dieselfde God van wie Jesaja skryf: “Hy het op ’n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul”
– Jesaja 6:1. Dan sê hy verder dat “… die deure in hulle kosyne gerammel het en die tempel vol rook geword het. Toe het ek uitgeroep: ‘Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek woon onder ’n volk van wie elke woord onrein is.” – Jesaja 6:4-5

Hout, hooi en stoppels
Os Hillman skryf in een van sy TGIF- (Today God is First-) nuusbriewe dat daar baie goeie dinge is wat ons kan doen, maar dat dit
net die “God-things” is wat God in die eerste plek wil hê ons moet doen, wat ’n goeie uitkoms kan verseker. Daardie aktiwiteite wat nie uit die Gees gebore is nie, sal hout, hooi en stoppels tot gevolg hê. Wat in ons oë goed lyk, kan ’n gruwel in God se oë wees.

Dawid ontsteld
Dawid het dit eerstehands geleer toe hy die ark van die Here op ’n nuwe wa na Jerusalem toe gebring het. “Toe hulle by Nakon se dorsvloer kom, het Ussa die ark met sy hand teëgehou, want die osse het gestruikel. Die toorn van die Here het teen Ussa ontvlam; die Here het hom getref omdat hy met sy hand aan die ark geraak het, en hy het daar langs die ark gesterf.” – 1 Kronieke 13:9-10
Ussa was ’n goeie man in Dawid se oë en het oënskynlik ’n goeie daad verrig. Toe die osse struikel, het Ussa sy hand uitgestrek om te keer dat die ark afval. Toe hy aan die ark raak, het hy onmiddellik gesterf. Dawid was baie ontsteld dat God dit laat gebeur het en het gewonder of hy nog hierdie God kon dien.

Gehoorsaamheid is belangrik
Ons sien dus Ussa se goeie daad was nie ’n “God-thing” nie, omdat die hele projek teenstrydig met God se voorskrifte in Eksodus 25:14 aangepak is: “Dan moet jy die draaghoute deur die ringe aan weerskante van die ark steek om die ark daarmee te dra.” Met hulle tweede poging om die ark die stad in te bring, het Dawid gesê: “Omdat julle Leviete nie die eerste keer die ark gedra het nie, het die woede van die Here teen ons ontbrand. Ons het God nie gevra hoe om dit op die regte manier te verskuif nie.” Matteus 7:26 sê: “… elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met ’n dwaas wat sy huis op sand gebou het.”

Is dit God se idee?
So het koning Josafat ook agtergekom. “Later het koning Josafat van Juda ’n vennootskap aangegaan met koning Ahasia van Israel, ’n goddelose man. Josafat het die vennootskap met hom aangegaan om skepe te bou wat na Tarsis toe kon vaar … Eliëser seun van Dodawa, uit Maresa, het ’n profesie teen Josafat uitgespreek en gesê: ‘Omdat jy ’n vennootskap met Ahasia aangegaan het, sal die Here hierdie onderneming van jou laat misluk.’ Die skepe het vergaan en het Tarsis nie bereik nie” – 2 Kronieke 20:35-37. Dit was op die oog af ’n goeie besigheidsidee, maar nie ’n “God-idea” nie.

As die Here die huis nie bou nie …
“As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. As die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm, tevergeefs”– Psalm 127:1. Wat sê dit vir ons as “I did it my way”-mense? Is die projekte of dinge waarby ons betrokke raak ’n “my way”-projek of ’n “God-thing”? As dit ons eie projek is, hou ons gewoonlik daarvan om by ander te spog oor wat ons gedoen het. Indien dit God se idee is, kry God alleen die eer, want dan was dit nie ons blink idee nie. Is dit nie ook waar die onderskeid tussen hoogmoed en nederigheid lê nie? “Ek is die Here, dit is My Naam. My eer deel Ek met niemand nie.” – Jesaja 42:8 (NLV)

Besin oor jou aktiwiteite
Sodanige situasies is egter nie tot die werkplek beperk nie. Is die projekte wat ons by die kerk begin werklik deur God geïnspireer of gaan dit oor persoonlike ambisie of aansien? Hoeveel van ons kerklike aktiwiteite kan ons aan die “Groot Opdrag” meet? Vertel ons vir ander: “Weet jy wat ons gemeente gedoen het?” of liewer: “Weet jy wat God in/deur ons gemeente gedoen het?”
Miskien moet ons besin en onsself afvra watter werk of projekte wat ons die afgelope jaar aangepak het, was werklik “God-things” en watter het – soos Josafat se skepe – iewers vergaan?

Sy weë is hoër
Laat ons dan ook in ons beplanning vir die nuwe jaar versigtig wees om nie God se werk op ons eie manier aan te pak nie. Ons moet onthou dat die gebruik van menslike wysheid om God se werk te verrig, skrikwekkende gevolge kan hê. Wysheid is om te weet dat God se weë en Sy gedagtes hoër as ons weë en gedagtes is (Jes 55:8-9). Hy weet wat die beste manier is om Sy werk in hierdie wêreld gedoen te kry. “Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg.” – Matteus 6:33 (NLV)

DAVID MALHERBE is ’n Career Direct-loopbaankonsultant asook ’n kenner van CV’s en LinkedIn. Kontak hom via sy webblad by www.jedidiah.org.za.


17 Januarie 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org