Deur: Herman de Kock

Kan ons die Bybel gebruik om kinders te leer hoe om hulle emosies te hanteer? Ja, hier is agt riglyne om die kinders te leer. LEER BYBELVERSE en sê dit hardop op, want volgens Efesiërs 6:17 is daar krag in God se Woord. SING lofprysingsliedere gebaseer op verse in die Bybel. Volgens Spreuke17:22 is ’n vrolike mens, ’n gesonde mens. Skryf hoe jy voel in ’n gebed neer. Psalm 121 is maar een voorbeeld van hoe Dawid gevoel en gebid het.

Dink anders – soos wat Romeine 12:1-2 sê; ons moet God toelaat om ons gedagtes nuut te maak. Ons emosies volg ons gedagtes en wat ons glo. Praat met iemand wat jy vertrou oor hoe jy voel. Galasiërs 6:2 sê ons moet mekaar liefhê en mekaar se laste dra. Doen iets wat jou gelukkig maak. Oefening, dans of sport stel stowwe in jou brein vry wat jou lekker laat voel.

1 Korintiërs 6:19-20 sê die Heilige Gees woon in ons en dat ons God met ons liggame moet verheerlik. Wees dankbaar. Probeer om vir elke negatiewe gedagte aan minstens drie dinge te dink waaroor jy dankbaar en bly kan wees. Doen sommer uit dankbaarheid iets goed vir iemand anders, al voel jy nie so nie. Dit is volgens Kolossense 3:15 ’n opdrag van God om dankbaar te wees.

Dan, die belangrikste: Hou vas aan jou geloof en die wete dat God goed is, vir jou lief is, jou kan genees, jou verlos het en sal voorsien. Staan die duiwel teë. Doen wat nodig is om te groei in geloof. Lees die Bybel. Gaan kerk toe. Bid. Praat met ander gelowiges. Lees oor die Bybelse geloofshelde in Hebreërs 11. Hulle het aanhou doen wat reg is, al was hul emosies en gedagtes soms negatief, want hulle het geglo.

Herman de Kock is ’n deeltydse, vrywillige prediker. Hy is die hoof van die interkerklike jeugbediening, Geloofstroom. Kontak Geloofstroom gerus via e-pos by
info@geloofstroom.org of op Facebook of Instagram vir navrae.
www.geloofstroom.org


18 Februarie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)