Deur: Justine Pike

Hoe leer jy jou kinders van die Heilige Gees? Hy is deel van die Drie-eenheid en hier op aarde saam met ons. Hier is ’n maklike illustrasie wat verduidelik hoe Hy in ons lewens werk.

Les aan die hand van twee ballonne
Neem twee ballonne, blaas die een op en knoop dit vas. Sit water in die tweede ballon en knoop dit ook vas. Kry twee vrywilligers en laat elk ’n ballon bo hulle kop vashou. Steek ’n vuurhoutjie aan en plaas die vlam onder die eerste ballon met die lug in. Dit behoort nie lank te vat voordat die ballon bars nie.

Hou nou ’n vlammetjie onder die tweede ballon. Jy kan die vlammetjie ’n rukkie daar hou en sien hoe daar swart merke onder die ballon ontwikkel. Die tweede ballon sal nie bars nie.

Waterballon sterker as die vlam
Hoekom dink jy het die eerste ballon gebars en nie die tweede ballon nie? Die eerste ballon is vol lug. Die vlam is sterker as die leë ballon en die ballon was nie “in sy eie krag” sterk genoeg nie.
Die tweede ballon is gevul met water. Die water is kragtiger as die vlam. Al is die ballon se sterkte presies dieselfde as dié van die eerste ballon, versterk die water die ballon. Die water “gee” die ballon “krag” en daarom is die ballon nou sterker as die vlam.

Die Heilige Gees gee ons krag
Op ons eie kan ons nie weerstand bied teen die vuur van die lewe nie. Wanneer ons met die Heilige Gees gevul is, gee Hy Sy krag vir ons. Soos met die swart merke op die tweede ballon, sal ander dan kan sien wanneer ons deur moeilike tye gaan, maar dit sal ons nie vernietig nie. “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” – Handelinge 1:8

Kyk wat gee die Gees ons
Die Heilige Gees gee vir ons krag om van Jesus te getuig, om te midde van moeilike tye te kan verklaar dat God goed is en met ons is. Kyk wat doen die Heilige Gees alles vir ons: “Die Gees van die Here sal op hom rus: die Gees wat wysheid en insig gee, die Gees wat raad en sterkte gee, die gees wat kennis verleen en eerbied vir die Here.” – Jesaja 11:2

Hoe kom die Heilige Gees in?
Ons word gevul met die Heilige Gees wanneer ons in Jesus glo. Wanneer Jesus by ons hart intrek, trek die Heilige Gees saam in. “Toe antwoord Petrus hulle: ‘Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang’” – Handelinge 2:38.

JUSTINE PIKE is een van die leraars van Die Bron-kerk en is aan die hoof van die kinderbediening. Kontak haar by justine@diebron.co.za


28Augustus 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org