Deur: Riekert Botha

Hoe lyk ons gebede tydens ’n krisis? Want krisisse is deel van die lewe. Daar is lesse te leer by talle Bybelkarakters. Dink aan Jesus se woorde aan Paulus: Aan die een kant sou hy voor konings en maghebbers ’n getuie wees en aan die ander kant sê Jesus vir Ananias oor Paulus: “Ek sal hom toon hoeveel hy vir my Naam moet ly.” Jy dink dalk Jesus het dit nie vir jóú gesê nie, maar in Johannes 16:1en 33 sê Jesus vir die dissipels (en ons): “Weet dat dít met julle sal gebeur. Ek sê dit nou al sodat wanneer dit gebeur, julle kan weet.”

Eienaardige bemoediging
Onthou jy toe Paulus gestenig en vir dood agtergelaat is? Hy het opgestaan en die broers met dié woorde bemoedig: “Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.” Wat ’n eienaardige bemoediging vir die hedendaagse Christen!

Niemand vra wat dink God nie
Wat doen ons tydens ’n krisis? Wat maak die Christen-Oekraïners byvoorbeeld op hierdie oomblik terwyl die Russe hulle stede platskiet? Wat bid hulle? Ons het vriende in die Oekraïne, Keith en Erica Daniel. Keith was onlangs by ’n biduur en het gesê dit het gevoel asof hy in ’n militêre opskamer vol generaals was. Hulle het die vuurpyle links en regs gebied; die Russe met blindheid geslaan en vir Poetin met kreupelheid. Niemand het gevra wat God dink nie.
Ons is geneig om in ’n krisis te aanvaar dat ons weet wat God se hart oor ’n saak is. Kom ons kyk wat sê die Skrif.

VOORBEELDE UIT DIE SKRIF
Josef en Maria
Maria was ongetroud toe Gabriël vir haar sê sy gaan swanger word. Weet jy wat destyds met so ’n meisie gebeur het? Maar sy sê: “Laat dit met my wees volgens U woord” – met al die implikasies wat daarmee gepaardgaan. Toe Herodes begin om al die babatjies van twee jaar en jonger dood te maak, was God se opdrag aan Josef en Maria om te vlug. Baie van ons sou waarskynlik die duiwel bestraf het. Ons vra selde: “Wat sê God moet ons nou doen?”

Die Romeinse Ryk
Die Romeine val Israel binne en in 70 n.C. vee Titus Flavius die tempel plat. Weet jy wat bid die Jode toe? “Here, verwyder die Romeine.” Hulle hoop dat God ’n Messias sal stuur om hulle van die Romeine te bevry. Maar God doen dit nie, want dit is nie Sy agenda nie.

Hongersnood in Jerusalem en in Egipte
In Handelinge lees ons dat God deur die profeet Agabus die kerk waarsku oor ’n komende hongersnood. Moes die kerk teen dit bid of voorberei? As ons Paulus se briewe lees, klink dit of die kerk voorberei het. So het God ook vir Josef gewaarsku oor die komende hongersnood en gesê wat om te doen. God weet dit lank voor die tyd, want Hy is in beheer.

Die martelaars voor die troon
In Openbaring 6:9-11 is ’n verstommende toneel. Dié wat vir hulle geloof vermoor is, staan geklee in wit voor die troon in die Hemel en vra: “Wanneer wreek U ons onskuldige bloed op die bewoners van die aarde?” God se antwoord gee jou koue rillings: “Rus nog ’n bietjie totdat die volle getal van dié wat nog gedood moet word, inkom.” Is God in beheer? Ja, Hý het die volle getal vasgestel.

In pas met God of nie?
Dink nou weer aan die biduur in die Oekraine. ’n Kamer vol Christene wat bid uit hulle krisis en vrees – heeltemal verstaanbaar. Is dit regtig wat God wil hê hulle moet bid? Is dit wat hulle bid, in pas met God? Dit is so gevaarlik om te besluit: Ek weet wat dit is om in pas met God te wees. Solank alles my pas, is dit in pas met God.

HOE MOET ONS IN ’N KRISIS BID?
Ons eerste reaksie in ’n krisis is om ons behoeftes en begeertes na Hom te bring, maar dit is eers baie laer af op die lys.

1 Fokus op wie God is
Toe Jesaja sy roeping van God ontvang, kry hy ’n idee van God se grootheid. “In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op ‘n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. By Hom was daar serafs om Hom te dien … Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.” – Jesaja 6:1-8. Die eerste ding wat Jesus die dissipels leer bid, is: “Laat u Naam geheilig word.” Die eerste ding wat uit ons bars wanneer ons God in Sy majesteit sien, is lof en aanbidding van wie Hy is – nie vir wat ons van Hom wil hê nie.

2 Bring jou self in pas (align with) met God se heiligheid en reinheid
Toe Jesaja God se heiligheid sien, roep hy uit: “Wee my, ek is verlore! Want ek is ’n man onrein van lippe.” Wanneer ons sien wie God is, raak ons bewus van die onreinheid in ons harte, ons gedages en ons verhoudinge en val ons op ons knieë voor God neer.

3 Wat wil U hê moet ons doen?
Uit die tweede stap vloei dié gebed: Wat wil Ú hê moet ek doen? Josef en Maria moes vlug, maar wat as Hy sê “bly”? Weet jy hoeveel gelowiges het al so voor die troon verskyn, want hulle het gebly op God se bevel – wetende dat dit hulle lewens sou kos. Jesus was een van hulle.

4 Bid dat die oë van jou hart oopgaan
Iets wat dikwels in Paulus se briewe voorkom in gebede vir gelowiges wat ly, is: “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet …” Hy bid dat hulle Jesus kan sien en verstaan te midde van die lyding.

5 Behoeftes en begeertes
Dán volg ons behoeftes en begeertes. Dit volg ná die ander stappe om te kan onderskei waarmee God besig is en wat Hy wil hê ons moet doen. Dán kan ons begin bid. Anders bid ons uit ons vlees.

Wat is op God se hart?
Watter krisis jy ook al beleef, weet jy voor wie jy staan? Hoeveel van jou gebede kom uit pure benoudheid? God weet presies wat jou krisis is. Hy nooi jou om Hom te leer ken vir wie Hy is; om in pas te wees met wie Hy is; om jou hart oop te stel vir Sy agenda , om verligte oë van die hart te kry sodat jy Hom kan sien en dán om jou behoeftes en begeertes te bring.


30 Augustus 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org