Riëtte Delport beklemtoon dat sy haar gewigsverlies nie in haar eie krag kon regkry nie. Sy het ontdek dat sy dit slegs in die krag van die Here kon doen. Die keerpunt en besluit om haar lewenswyse te verander, was toe sy haar eie slegte eetgewoontes en gedragspatrone by haar dogtertjie opgemerk het , wat toe 11 was.

Riëtte is deur haar dokter aangeraai om die gewigsverlies af te skop met behulp van ’n verslankingsprogram om te help met die wanbalans in haar liggaam a.g.v. die gewig. Hy het haar ook gemonitor en gereeld geweeg. Sy het vriende en familie van haar doelwit vertel. As ekstra aansporing het sy het vir haar ’n pragtige rok gekoop en sommer in haar kombuis opgehang. Hier is ’n paar ander wenke vir sukses:

1 Onthou, God is aan jou kant
Onthou, God gee om oor elke aspek van jou lewe, insluitend jou gesondheid en keuses wat jy maak.

2 Vervang die peusellus met Sy Woord en Sy Gees
Een van die kragtigste hulpmiddels in jou arsenaal is God se Woord van waarheid – uit Sy Gees na jou hart, Rhema-woorde vir jou. As jy in die versoeking kom, lees Sy Rhema-woorde vir jou, begin om Hom te aanbid, vra die Heilige Gees om jou te help.

3 Bid vir die vordering van jou gewigsverlies
God moedig ons aan om na Hom te kom in gebed. Jakobus 4 sê ons ontvang nie omdat ons nie vra nie. Vra God vir Sy hulp om versoeking te vermy en gesonde keuses te maak. Vra Hom vir gewigsverlies en gesondheid.

4 Verruil jou skuldgevoelens vir genade
Om te leer om genade te aanvaar wanneer jy gefaal het, is deurslaggewend vir gewigsverlies. Breek die kringloop van skuldgevoelens en om emosioneel te ooreet, aanvaar Sy vergifnis en gaan aan op jou oorwinningspad.

5 Moenie tou opgooi nie
Fokus op vordering, nie perfeksie nie. Riëtte het elke vierde week ’n foto van haarself geneem en ‘n collage van hulle gemaak om die vordering te volg. Gewigsverlies vereis volharding. Hou aan, ongeag hoeveel keer jy voel jy het alles opgemors. Fokus op die vordering wat jy gemaak het.

6 Maak klein veranderinkies
Kies een realistiese verandering vir vandag. Verruil hierdie week koeldrank vir water. Verruil volgende week een van jou gemorskoshappies met vrugte. As jy vanjaar weekliks een klein veranderinkie maak, sal jy teen volgende jaar meer as 50 positiewe veranderinge aangebring het, wat bydra tot ‘n groot gewigsverlies.

7 Onthou, God genees
Wanneer jy in ongesonde eetgewoontes vasgevang is, het jy God se genesing nodig: liggaamlik, emosioneel en geestelik. Jy wil jou dalk eerder van God onttrek, maar weerstaan die drang en hardloop eerder na jou Vader toe vir hulp.

Koop die nuwe JUIG! Tydskrif (Mei-uitgawe) om Riëtte (wat op ons voorblad is)  se volledige getuienis te lees.


3 Mei 2022

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org