Deur: Gawie de Lange

Ek het onlangs die voorreg gehad om by my ongelooflik talentvolle vrou, Jackie, aan te sluit op een van haar luukse JOY! Travel-toere na Israel. Die reis was propvol lewensveranderende gebeure; ek is steeds in verwondering oor hoe ’n mens op so ’n pelgrimstoer deur die Heilige Land naby aan die Vader kom.

Die vernietiging van Jerigo
Ek het soveel aha-oomblikke in Israel beleef – een wat vir my uitstaan, ​​was toe ons die ineengestorte mure van Jerigo besoek het. By die terrein het ons groep tydens die geestelike boodskap gehoor dat hierdie mure voorheen 8 m hoog gestaan ​​het, 4 m breed was en meer as 2,2 km in omtrek gestrek het. Die mure het versterkte hekke gehad – niemand het in- of uitgegaan wanneer hulle gesluit was nie (Jos 6:1).

Wat my egter aangegryp het, was wat in vers twee staan: “Toe het die Here vir Josua gesê: ‘Kyk, Ek gee Jerigo met sy koning en dapper helde in jou hand.’” – Josua 6:2

’n Klein dog belangrike detail
Ons ken almal die einde van die verhaal – wat maklik daartoe kan lei dat ons hierdie klein detail in die groter prentjie mis: Ek kan my voorstel hoe Josua, Kaleb en die ander leiers voor hierdie mure staan, met hulle koppe agteroor om die reuse-omvang van die mure in te neem terwyl hulle bespreek hoe hulle ooit die stad sou kon binnedring. En op daardie oomblik sê God vir Josua: “Kyk! Ek het Jerigo in jou hand gegee …”

Laat ek verduidelik wat my getref het. Daar was toe nog géén oorwinning, géén plan nie en alles was steeds verskans. Tog sê God: “Kyk.” Dit is uiters belangrik om te besef dat God selfs in daardie oënskynlik onmoontlike situasie – sonder enige bewyse van ’n deurbraak – geweet het wat Sy plan vir Sy volk was. Hy het geweet hoe die mure sou tuimel en Hy het geweet dat Josua-hulle sou oorwin.

Dieselfde geld vir ons lewens
Selfs wanneer jy geen potensiële uitkoms vir jou probleem kan sien nie – of dit nou jou sakebedryf, huwelik, gesondheid of gesin is – God weet wat Hy beplan. Hy het reeds die oorwinning gesien en Hy sal die plan tot uitvoering bring. Al wat ons hoef te doen, is om gehoorsaam te wees, te volhard en die plan te implementeer.

3 punte om oor na te dink:
1 Volharding ontwikkel wanneer ons vertrou. Waar ons mure sien, sien God ’n pad daardeur. God sal ’n weg baan waar dit lyk asof daar geen manier is nie. Wanneer jy ’n muur sien, sien die Vader ’n geleentheid vir ’n wonderwerk.

2 Net omdat jy nie vordering sien nie, beteken dit nie dat God nie besig is nie. Hou aan bid, hou aan om die Woord te lees – volhard. Môre se vordering sal afhang van vandag se deursettingsvermoë.

3 Hou op om te mor. Hou op om negatief oor jou lewe en situasie te praat. Die Israeliete moes kilometers om die stad aflê sonder om iets te sê. Glo en spreek lewe!

Gawie de lange – Algemene bestuurder van JUIG! Tydskrif. E-pos gawie@joymag.co.za


31 Julie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org