Deur Gawie De Lange

Verlede jaar, aan die begin van die streng inperking, het ek duidelik gehoor dat God drie dinge vir my sê:
1. Ek is die Een wat vir jou voorsien.
2. Hou aan ploeg en saai, Ek sal die oes gee.
3. Wees selektief oor waarmee jy jou liggaam en gedagtes voed.

Bly gefokus op Sy Woord
Hierdie waarhede het my beslis aan die gang gehou toe ek lus was om op te gee. Ja, ons word almal party oggende wakker waar ons voel asof die wêreld teen ons is en ons nie die uitdagings in die oë wil kyk nie. Dit is egter gewoonlik van korte duur as ek geloofsteksverse oor myself, my gesin en ons besigheid begin bid.

Gebed beïnvloed jou brein
Dr. Caroline Leaf se boek, Switch On Your Brain, sê dat 12 minute se daaglikse gefokusde gebed jou brein oor ’n periode van agt weke in so ’n mate kan beïnvloed dat dit op ’n breinskandering gemeet kan word. Dit is die krag daarvan om voortdurend op ons Verlosser, ons Voorsiener en Sy Woord gefokus te bly. Om soggens wanneer ek wakker word, eers te bid, het nie net outomaties gebeur nie. Ek moes my denke en gedagtes herprogrammeer om nie eerste aan die lewe en al die uitdagings te dink nie, maar eerder aan God se beloftes vir my lewe.

Hier is drie punte om oor na te dink:
1. Herprogrammeer jou gedagtes en gewoontes (Fil 4:8-9). Moenie wanneer jy wakker word, heel eerste jou selfoon gryp nie. Maak jou oë oop en dank God vir alles wat Hy gedoen het. Bespreek jou dag met Hom en ruim tyd in om stil te word en Sy stem te hoor. Dit neem net 21 dae om ’n nuwe gewoonte te vorm – probeer dit.
2. Moenie bekommerd wees nie (Matt 6:25). Wanneer ons bekommerd is, moet ons hierdie bekommernis met die Woord vervang.
3. Beheer jou gedagtes (2 Kor 10:5). Neem jou negatiewe gedagtes gevange.

Gawie de lange is die algemene bestuurder van JUIG! Tydskrif. Sy passie is om Christus met almal te deel.


28 Augustus 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)