Deur: Gawie de Lange

Toe my jongste seun, Liam, nege jaar oud was, het ons ’n Paasdiens by ’n prominente kerk bygewoon. Die diens was ’n volle produksie met sangers, ligte en baie rookmasjiene. My seuntjie het op die stoel langs my gestaan om die kunstenaar en die woorde van die aanbiddingsliedere te kon sien. Omtrent halfpad deur die program het ek na hom gekyk; die trane het oor sy wange geloop. Hierdie was die gesprek wat daarop gevolg het:

Ek: Liam, is jy oukei, seun?
Liam: Ja, pappa.
Ek: Laat die rook jou oë traan?
Liam: Nee, Pappa.
Ek: Hoekom huil jy dan?
Liam: Ek het ’n stem vir my hoor sê: “Liam, jy is Myne.” Nou kan ek nie ophou huil nie.

Om die stem van die Here te hoor
Ek het in 2015 op ’n sakereis ’n soortgelyke ervaring gehad. Ek was alleen in ’n hotelkamer in New York waar ek op my knieë oor my volgende vergadering gebid het. In daardie oomblik het ek in my geestesoog Sy wonderbaarlike, onwrikbare liefde vir ons deur ’n skrefie in die hotelgordyn sien skyn. Ek het die Vader hoorbaar hoor sê: “Dit is hoe lief Ek vir jou is.” Dit het my oorweldig; ek kon drie dae lank nie ophou huil nie.

Gebeure met ’n groot impak
Hierdie gebeure het ’n groot impak op my lewe en dié van my seun gehad. Ek het jare lank vir die Here gevra om met my te praat of vir my te wys dat Hy bestaan – ek het “onmiskenbare bewyse” nodig gehad. Ek het aanhoudend gebid en het Hom voortdurend gesoek. In ’n baie moeilike tyd van my lewe het Hy besluit om Homself op ’n kragtige manier aan my te openbaar. Hierdie gebeurtenis kan nooit van my weggeneem word nie en was onbetwisbare bewys dat Hy so werklik is soos enigiets wat ek nog ooit aangeraak of gesien het. Wanneer die lewe uitdagend raak, is dít wat my deurdra. Wanneer ek wil tou opgooi, is dít wat my aanvuur. Wanneer ek voel dat mense my in die steek gelaat het, herinner dit my hoe lief God ons het – ver bo wat ons ooit sal kan dink.
Ek het Liam geleer dat wanneer hy alleen of oorweldig voel, hy sy krag moet put uit hierdie ervaring toe die stem van God gefluister het: “Jy is myne.” Dit herinner ons dat niemand ons ooit uit God se hand sal kan ruk nie en dat geen wapen wat teen ons gesmee word, iets sal kan uitrig nie.

3 punte om oor na te dink:
1 Wanneer jy God soek, sal jy Hom vind: “En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.” – Jeremia 29:13 OV
2 God wil ’n verhouding met ons hê; vanaf die begin van die eeue tot vandag toe. Hy is agter ons harte aan en soek ons, selfs wanneer ons verlore is, totdat Hy ons vind (Luk 15:4).
3 Om Hom te soek bring genesing en vergifnis van sonde: “As … my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.” – 2 Kronieke 7:13-14

Gawie de lange – Algemene bestuurder van JUIG! Tydskrif. E-pos gawie@joymag.co.za


7 Julie

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org