Deur: Gawie de Lange

As jy my vrou sou vra wat die een ding is wat my die grootste vreugde in die lewe verskaf, sal sy beslis sê: “Om my skrik te maak.” Om my pragtige Jackie skrik te maak, laat my so lekker lag. Jy mag dalk vra hoekom ek so ’n simpel ding met jou wil deel. Die rede is eenvoudig. Soos jy sekerlik uit my vorige rubrieke kon aflei, was daar baie swaarkry en pyn in my lewe. Wat ek egter deurgaans opgemerk het, is dat ek nie deur hierdie tyd sou kom sonder om ook ’n bietjie te lag nie.

Lag is medisyne
Daar is genoeg probleme in die lewe wat veroorsaak dat ons ernstig is of “ernstige gesprekke” voer, maar dit is noodsaaklik dat ons ook tyd moet maak om lighartig te wees en te lag. Lag is immers die uiterlike bewys van innerlike vreugde en daar is al bewys dat dit jou beter laat voel. Dit is medies bewys dat om te lag jou immuniteitstelsel en jou gemoed versterk, pyn verminder en jou teen die skadelike gevolge van stres beskerm.

As kinders het ons honderd keer op ’n dag gelag, maar as volwassenes is die lewe ernstig en lag ons nie so gereeld nie. Deur op die uitkyk te wees vir geleenthede vir humor en om te lag, kan jy jou emosionele gesondheid verbeter, jou verhoudings versterk, groter geluk vind en selfs langer lewe.

1. Maak tyd om te lag
“Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd … ’n tyd om te huil, ’n tyd om te lag, ’n tyd om te treur, ’n tyd om van blydskap te dans.” – Prediker 3:1, 4

2. Lag verlig stres en is soos medisyne
“’n Vrolike hart bevorder die genesing, maar ’n verslae gees laat die gebeente uitdroog” – Spreuke 17:22 (OV). Die Bybel sê dat ’n vreugdevolle hart goeie medisyne is omdat lag jou blymoedig maak en jou liggaamlike, geestelike en geestesgesondheid verbeter en jou laat ontspan!

3. Bid en vra die Vader om jou te help om te kan lag
“Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.” – Psalm 126:2 (OV)

As jou hart vol vreugde is en jy doelbewus tyd maak om te lag, sal jy verbaas wees hoe anders jy na lewe sal begin kyk.

Gawie de lange is die algemene bestuurder van JUIG! Tydskrif. Sy passie is om Christus met almal te deel.


22 November 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org