Deur: Gawie De Lange

Die reuk van ’n braai, die vooruitsig van ’n Springbok-oorwinning, musiek wat in die agtergrond speel en die klank van ’n huis vol vriende en familie – dit is wat ek ’n lekker dag in die De Lange-huishouding sou noem. Ek is so dankbaar vir die voorreg om baie vriende te hê, maar dit het nie oornag gebeur nie.

Dis belangrik om vriende te maak
Toe ek na Somerset-Wes getrek het om met die liefde van my lewe te trou, was dit aanvanklik nogal ’n uitdaging, want ek het geen vriende daar gehad nie. Ná ons eerste huweliksjaar het ek besef dat hoewel ek maklik die res van my lewe net in my geliefde se oë kon staar, ek tog ook goeie vriende nodig het om spesiale oomblikke mee te deel, wat in moeilike tye kan inspring en help en eerlik en reguit sal wees wanneer ons nie in pas met God se Woord is nie.

Dit was nie maklik nie!
Hier is die waarheid: Dit was baie moeilik. Om ’n nuwe vriendekring te vind wanneer jy ouer as 40 is, was ’n uitdaging. Psalm 1:1 waarsku ons om versigtig te wees wie ons by ons binnekring innooi. Ek het nog altyd geglo dat ons vriende weerspieël wie ons is en dit maak die proses nog moeiliker. Om daaroor te bid was slegs een aspek van hierdie proses. Ek het geleer:

1. Om vriende te maak, verg moeite: As jy jou vriendekring wil bou, moet jy bereid wees om moeite te doen. Nooi mense uit. Doen moeite om hulle te leer ken, stuur ’n verjaardaggeskenk en bel hulle om te hoor hoe dit met hulle gaan.
2. Dit verg toewyding om die vriendskap aan die gang te hou: Dit is baie maklik om planne te kanselleer en in jou veilige kokon te bly. Verbind julle daartoe om mekaar gereeld te sien en maak tyd om saam te bid. Dit sal die sement wees wat stewige Christelike vriendskappe bou.
3. Wees onvoorwaardelik lief vir jou vriende: Johannes 15:12-13 sê: “Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.” Die wêreld is vol moedeloosheid en mense wat neerhalend is. Wees vriendelik, sagmoedig en bou mekaar op. Betoon liefde en medelye en dien mekaar.

Die wêreld het vriende nodig wat die lig en die sout is. Kom ons doen moeite en wys Jesus vir hulle!

Gawie de Lange is die algemene bestuurder van JUIG! Tydskrif. Sy passie is om Christus met almal te deel.


24 Oktober 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org