Dr. Jonker is `n erkende internasionale spreker wat kom vertel van die ware toedrag agter dwelms satanisme en die okkulte. Die eks polisie lid en stigter van die okkulte eenheid in Suid Afrika in die negetiger jare het ook bykans oor meer as drie dekades moorde/misdaad ondersoek met `n nexis van dwelms en satanistiese bedrywighede.Verdoemende syfers wys ons ken almal iemand wat dwelms gebruik het of selfs nog gebruik daarbenewens gaan gemeenskappe gebuk onder die euwel.. Ons het redelik onlangs opgelet hoe kinders weer eksperimenteer het met okkultiese speletjies in skole.

Die seminaar lig die gehoor omvattend toe oor die werkwyse van die satan. Feite oor die strukturele samestelling van die koninkryk van die duisternis, die doelstellings van Satan en sy demone, asook hulle werkswyse. Die intrige rondom die okkulte sal uiteindelik verduidelik word. Die seminar is doelbewus nie-kerklik en fokus op besielende en lewensveranderde inhoud.

Kaartjies is te koop by itickets.co.za.

Higher-Ground-In-Article-Ad

 

Wat word bespreek:
Die ontstaan van satanisme in Suid Afrika en die okkulte met die ooglopenheid in ons daaglikse samelewing.

Watter rol speel musiek/dwelms en okkultiese tekens.Hoe word die drie ledige onderwerp te identifiseer.

Die geloofwaardigheid van okkultiese bedrywighede en bekragtiging van die realiteit daarvan in die geestes en die mediese dimensies.

Die inhoud en beeldmateriaal is sensitief en nie geskik vir kinders onder die ouderdom van 18jaar oud. Predikante, ouers, nie regerings organisasies (NGO), opvoeders, maatskaplike personeel, wets toepassers asook leiers in die gemeenskap word sterk aangeraai om die seminaar by te woon.

+18 ouderdoms beperking is van toepassing. Beperkte sitplek beskikbaar. Kaartjies teen R100 is verkrygbaar by itickets.co.za.

Return to Home