Vryheidsvegters Val Voor Die Heilige Gees

– deur Ron Kinnear

Tydens Reinhard Bonnke se eerste Christ for all Nations-uitreikingsveldtog in Harare, Zimbabwe, is ons program deur vryheidsvegters van ’n nabygeleë kamp ontwrig. Die geel CfaN-tent wat 6 000 mense kan huisves, is langs die sportstadion opgeslaan. Die eerste paar aande is ons deur veiligheidspersoneel beskerm, maar tydens die opvolgbyeenkomste is ons voertuie verniel. Op die voorlaaste aand het die vryheidsvegters ’n kordon om die tent getrek. Dit was ’n chaos en ek wou die polisie ontbied. Al raad sou wees om die verrigtinge af te sluit en die byeenkoms te verdaag. Toe ek opstaan, hoor ek die stem van die Heilige Gees wat sê dat ek op die groot skerm moet kyk. 

Broer Burke was besig om die beeld van die soldaat wat met die volle wapenrusting van Jesus Christus toegerus is, daarop te projekteer. Ek het dadelik besef op Wie ons vir beskerming kan staatmaak. Broer Burke het die diens aan my oorhandig en ek het besluit om die verrigtinge met lofliedere af te sluit. Ek het begin sing en duisende het saam met my ingeval. Die Gees van die Here het my oortuig dat ek ’n beroep op die mense moet doen om hulle van hul bose weë te bekeer, hulle voor God te verootmoedig en om Jesus as hul Heer en Saligmaker aan te neem. Mense het vorentoe gestroom. Talle het onder die krag van die Gees geval, insluitende die vryheidsvegters. Sedertdien het ek al male sonder tal op besoeke in Afrika tasbaar ondervind dat wanneer ons swak is, Jesus die stryd vir ons stry.


JUIG! Tydskrif (Junie 2018)

Return to Home