Die Women’s Wealth Care Money Challenge

– deur Dr. Michelle van Tonder

Die Women’s Wealthcare Money Challenge (WWC Money Challenge) is weer hier! Ná ’n suksesvolle 2018 is die WWC Money Tribe gereed vir die nuwe uitdaging. WWC Money Tribe is ’n groep vroue wat doelwitte vir hulself stel en die uitdaging aanvaar het om in daardie doelwitte en hul geldsake te belê.

Ons verander ingesteldhede terwyl ons skuld takel, geld spaar, gebrekkige geldgewoontes verander en vroue leer om slim met hulle geldsake te werk te gaan, veilige beleggings te maak en selfs besighede te begin. Daar word van WWC Money Tribe se lede verwag om in hul doelwitte te belê deur deel te neem aan weeklikse terugvoersessies, gesprekke oor geldsake en mini-uitdagings saam met die beste vennote wat deel-nemers aanspreeklik hou.

Dikwels word vroue aan hulle eie lot oorgelaat met betrekking tot geldsake. Daarom is ’n gemeenskap vir vroue waar hulle persoonlike finansies kan bespreek sonder om skaam of verleë te voel, uiters noodsaaklik. 

Verlede jaar het ek as die leier van die WWC Money Tribe die WWC Money Challenge gebruik om geld te spaar vir ’n wonderlike 5-ster-vakansie op Langkawi-eiland (Maleisië) en het sowat R90 000 gespaar, ek en my man kon ook vir my suster ’n motor kontant koop! Ander lede, soos Caroline van Witbank, het skuld van R33 900 afbetaal en Angela van Newcastle het genoeg geld gespaar vir ’n vakansie van drie weke in Mauritius. Sunnette van Johannesburg het R22 000 gemaak uit ’n veilige belegging wat in 12 maande met 12% gegroei het! Petunia het ’n besigheid begin met R8 300 en het ’n opbrengs van R77 000 behaal!

Of jy nou die uitdaging aanvaar sodat jy jou skuld kan af-betaal, spaar, of ’n besigheid wil begin, is die WWC 2019 Money Challenge vir jou! Om te leer hoe om by die WWC-span aan te sluit en uit te vind hoe dit werk, stuur jou naam en van na drmichelle@womenswealthcare.co.za of tik dié skakel aanlyn in en vul die vorm in: bit.ly/WWCMC19


JUIG! Tydskrif (Februarie / Maart 2019)

Return to Home