Gedigte Deur Shanique

Die Hart Van ‘n Ouer

Daar is geen meer getrouer
as die hart van ‘n ouer
altyd aan jou sy
in enige gety

Altyd reg met ‘n bemoedigende woord
en jou te laat voel jy behoort
wanneer dinge voel dus te veel
is hul daar om te streel

Inderdaad is daar geen meer getrouer
as die hart van ‘n ouer
altyd aan jou sy
in enige gety


Kindjie Klein

Ek verkyk my daagliks aan elke kind
so klein en sag gesind
vol lewe en lag
dag vir dag

Ogies klein met ‘n helder skyn
voetjies klein en handjies fyn
in hul teenwoordigheid is ‘n plesier
elke dag, elke uur

God se kleine engeltjies
vol dingetjies en se goedjies
jy kan jou net verkyk aan elke kind
so klein en sag gesind


Elke Lewende Getuie

Elke lewende getuie
was ook eens onder in die valleie
heur sy krag
het jy die nodige mag
om die staptog deur die valleie kaf
te kan draf

Moenie gaan sit op die hooi
of selfs tou op gooi
wees sterk en druk deur
kan jy al ruik die berg kop se geur?

Elke lewende getuie
was ook eens onder in die valleie
deur sy krag
het jy die nodige mag
om die staptog deur die vallei kaf
te kan draf


Goedgesind

Wees ten alle tye goedgesind
dit is wat jou aan Christen wees verbind

Laat die woord van God jou aanspoor
om te bekom wat hy vir jou stoor

Behoed dat jy jou nie behep
en sig verloor van die eintlike konsep

Wees ten alle tye goedgesind
dit is wat jou aan Christen wees verbind


Wees Nie Bevrees

Wees tog nie bevrees
die Here het aan jou gestuur
sy heilige gees
om jou te verseker hy sal
daar vir jou wees

Moet dus nie wankel
hy sal jou nie laat kantel
die ideale resep
is om nuwe moed te skep

Wees tog nie bevrees
die Here het aan jou gestuur
sy heilige gee
om jou te verseker hy sal
daar vir jou wees


God Se Genade

God se genade is tog so wonderbaar
ons moet dit net aanvaar
so wat ook al jou in die gesig staar
onthou sy genade is vir jou daar

Hy sal aan hjou skenk die nodige krag
wat jy verwag
vir jou take elke dag
en jou ook geestelik bemag

God se genade is tog so wonderbaar
ons moet dit net aanvaar
so wat ookal jou in die gesig staar
onthou sy genade is vir jou daar


Tyd

Onthou tyd kan ons nie terug kry
so laat ons minder stry
en as ons kan dit vermy
as ook positief bly

Al gaan dit met ons swaar
weet God is daar
as ons storms woed
gee hy ons weer moed

Onthou tyd kan ons nie terug kry
so laat ons minder stry
en as ons kan dit vermy
as ook positief bly


Tree Vir Tree

Wanneer jy voel vir opgee
gaan op jou kniee
en God sal jou lui tree vir tree

Wees nie moeg en beswaard
God is besig om in jou te plant
‘n wonderlike saad
jy sal sien hoe dit wat daaruit sal blom
jou sal verstom

Raak net vir ‘n oomblik stil
en fokus op sy wil
dit sal jou siel vervul

Wanneer jy voel vir opgee
gaan op jou kniee
en God sal jou lui tree vir tree


Soos ‘n Lewelose Blaar

Soos ‘n lewelose blaar
sit ek in die verte en staar
gedagtes wat in my kop maal
gaan my liggie ooit weer straal

In my binneste voel ek vir skree en gil
maar dan maak ‘n stem my stil
dit is nie altyd dat mense verstaan
wat jy besig is om deur te gaan

Ek is tog so moeg
van al die geswoeg
hoe bly jy positief
met so baie wat jou grief

Soos ‘n lewelose blaar
sit ek in die verte en staar
gedagtes wat in my kop maal
gaan my liggie ooit weer straal


Gedaan

Ek is gedaan
jy sal nie verstaan
dit voel met elke tree
kom daar ‘n klap tot my kniee

Ek kan nie meer
O Heer vat u tog net beheer
maak nie saak hoe hard ek prober
mense op die aarde sal jou selde daarvoor vereer

Terwyl dinge vir jou voel dit raak te veel
durf mense steeds jou oordeel
hoe moet jy wys wat in jou steek
as mense so ywerig is om te dui wat onderbreek

Ek is gedaan
jy sal nie verstaan
dit voel met elke tree
kom daar ‘n klap tot my kniee


Asof Alles In Duie Stort

Wanneer dit voel asof alles in duie stort
onthou dat God hou die fort
wees dus nie bevrees
want hy sal vir jou daar wees

Met God as jou rots
sal jou bootjie nie sommer bots
jy moet net bly glo
in jou genade gewer van bo 

Hy sal jou liggie laat skyn
en jou glimlag nie laat verdwyn
maak nie saak hoe gering
jy kan enige iets na Hom toe bring

Wanneer dit voel asof alles in duie stort
onthou dat God hou die fort
wees dus nie bevrees
want hy sal vir jou daar wees


Die Hart

Elke hart dra ‘n verhaal
selfs die van staal
‘n gebroke hart
benodig net die regte part

Wat is jou hart se temperatuur?
warm genoeg om liefde aft e vuur?

Elke hart moet beskerm word
tot ons die dag oud word

Ons verlang almal na ‘n gelukkige hart
sonder enige smart
‘n hart vol liefde, vreugde en hoop
dit kan geen bedrag geld koop

So inderdaad dra elke hart ‘n verhaal
selfs die van staal


Die Dood

As dit kom by die dood
voel dit soms God het ons verstoot
dit laat ons gebroke
en ons voel ontstoke

Die oneindigende seerlaat ‘n plek in ons hart teer
daardie oomblik mag ons dit nie verstaan
die person wat gesterf het moes gaan

Die person was benodig in ‘n ander oord
in God se hemelpoort
eendag sal die kring weer vol wees
ons sal mekaar ontmoet daarbo
so in gebed rig aan God jou vertoe
en jy hoef nie te vrees

Ja dus so waar
die verlange bly daar
jy wens soms jy kan na die hemel ‘n oproep maak
net om ‘n geliefde op ‘n manier aan te raak

Dus voel die dood
soms God het ons verstoot


‘n Vrou Soos My Ma

‘n Vrou soos my ma is raar
sy is altyd daar
sy is ‘n sterk vrou
en vir ons het sy al harde bene gekou

Sy was vir jare enkel ouer
maar vir ons het sy altyd
‘n bree skouer
sy staan as anker
en is ‘n oorwinnaar van kanker

My ma is my rots
op haar is ek tog so trots
en ja ‘n vrou soos my ma is raar
want sy is altyd daar


‘n Tydjie Langs Die See

‘n Tydjie langs die see
geniet ek terdee
dit bring soveel blydskap mee
net ‘n tydjie langs die see

Terwyl jy langs die see sit
en jou voete in die sand laat weg sink
kom daar skielik ‘n koel wind
dit laat jou vir ‘n oomblik dink
aan jou dae as kind

‘n Tydjie langs die see
sal ek vir niks prys gee
dus ‘n tyd om God se wonderwerke
te aanskou
daar gelaat vir my en jou

‘n Tydjie langs die see
geniet ek terdee
dit bring soveel blydskap mee
en dit sale k vir niks prys gee


Soms

Soms ervaar ons beproewings
in die lewe
alhoewel geluk is waarna
ons almal strewe
soms voel ons in die steek gelaat
maar dus realiteit ou maat

Soms voel ons alleen
en verlang ons dan net bietjie steun
soms raak ons moedeloos
en verlang net bietjie troos

Soms raak die lewe net bietjie te veel
dan begin ons soos nou aanhoudend neul
soms, jam soms vergeet ons
dat ons op God moet vertrou
want Hy sorg vir my en jou


God Is Altyd Daar

Al voel jy soms alleen
God is altyd daar om ons te seen
hy is daar om elke tree
met ons te stap
al voel ons omgekrap

Op Hom moet ons vertrou

Hy sorg vir my en jou
wanneer dit voel ons het
geen meer krag
dra Hy ons dag vir dag

God sal ons nooit
in die steek laat

Hy is daar vir my
en jou ou maat

So al voel ons soms alleen
God is daar om ons te seen


Geloof in God

Om ons uit te leef in geloof
maak ons ontvanklik
vir wat God beloof
Sy liefde en genade het geen prys

Sy seun het selfs gesterf vir
ons aan die kruis

Daar is niks lekkerder  as om
God te dien

Hy sal aan al ons versoeke voorsien
ons moet net bly glo
en Hy sal antwoord van bo

Met God aan jou sy
kan jy enige stryd stry

God is altyd getrou

Hy is daar vir my en jou
ons moet net leef in geloof
en ontvanlik wees
vir wat Hy beloof


Ongetiteld

Vanaand voel ek vir God dankbaar
vir wat ek kon ervaar

Sy nabyheid was tasbaar
dit het gevoel hy is werlik daar

Ek weet nou
Hy sal my hou
in die holte van sy hand
want Hy het met ons een
en elk ‘n band

Roep Hom aan wanneer jy voel
die lewe kan jy nie verstaan

Hy sal vir jou sorg
dus vir jou gewaarborg


Stilte

Die stilte raak net soms te veel
ek kry behoorlik ‘n knop in die keel
ek verlang meteens na kind wees
nie ‘n kommer of ‘n vrees

Terwyl ek saggies le en luister
na die gesprek wat my hart fluister

Die stilte raak net soms te veel
ek kry behoorlik ‘n knop in die keel
ek verlang meteens na kind wees
nie ‘n kommer of ‘n vrees


Shanique Samuels:

Die digter, myself, maak gebruik van digterlike vryheid in gedigte. Geen of min leestekens, oneweredige reels en frase, dit word deur die digter gebruik om haar gebrokenheid asook gevoelens in elke gedig te beklemtoon

Contact Number: 063 029 0299

Return to Home