-deur Will  Maule /  Faithwire.com

19 Januarie 2018

‘n Skokkende foto van ‘n Chinese seuntjie met ys in sy hare, het ‘n nuwe debat oor kinderarmoede onder die plattelandse gemeenskap tot gevolg gehad. Die 8-jarige kind, genaamd “Ice Boy”, het met geswelde hande en ryp op sy hare en wenkbroue by die  skool  opgedaag in die Ludian-gebied wat in die suidwestelike provinsie Yunnan geleë is.

Die staatsbeheerde China News Service Agency  het  berig dat die seuntjie  ‘n verbysterende 4,5 km ver gestap het in haglike weerstoestande om by die skool uit te kom; ‘n reis wat hom elke dag ‘n uur lank neem. Op die dag waarop die  foto geneem is, was die temperatuur -9 °C, het die agentskap gesê.

Die foto van Wang Furman het Maandag soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei en gelei tot debat oor die behoefte om meer te doen om Chinese kinders uit lae-inkomste families te versorg.

Baie ander het die geleentheid gebruik  om die regering te kritiseer vir sy gebrek aan aksie wanneer dit kom by die verskaffing van basiese sorg aan die landelike gemeenskappe. “Wat doen die plaaslike Yunnan-regering hieraan?” het een persoon gevra.

Joernaliste het die brawe seuntjie se huis gaan besoek: “Sy huis is van modder en baksteen gemaak en is baie vervalle,” het verslaggewers gesê, soos berig deur Channel News Asia.

Daar is ook gerapporteer dat die seuntjie se ouers arbeiders is wat in ‘n ander stad woon en werk, en  Wang en sy broers en susters moes agterlaat om na hulleself om te sien. Wang se storie het ‘n tot veldtog in die Chinese media gelei dat meer gedoen moet word  om aan die onderwys- en sosiale behoeftes van hierdie verarmde “agtergeblewe” kinders te voorsien.

‘n Paar plaaslike maatskappye het alreeds op die storie reageer en het finansiële skenkings aangebied om te verseker dat alle kinders wat die skool bywoon, geskikte klere het. Verdere geldelike hulp is aangebied om die skool te help om sy verwarmingstelsel op te gradeer.

Newsweek het berig dat meer as $ 300 000 nou vir die seuntjie ingesamel is nadat die foto wye media-aandag geniet het.

Byskrif: (Foto: screenshot / Twitter / via Faithwire.com)


Bron: faithwire.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.