-deur Joseph Hartropp

12 Junie 2017

Vyf jaar oue Christina is drie jaar gelede deur ISIS ontvoer. Nou is sy weer met haar gesin herenig.

Christina Abada, wat nou amper ses jaar oud is, is onlangs met haar ouers verenig by die Ashti-vlugtelingkamp naby Erbil, Irak, volgens World Watch Monitor.

Sy is drie jaar gelede deur ISIS-vegters ontvoer en is onlangs deur Irakse spesiale magte teruggebring.

“Ons is baie gelukkig; almal dans en sing,” het ’n Christen-vrou vertel, wat die reünie gesien het. “Sy lyk gesond. Ek dink sy was by ‘n gesin wat haar goed versorg het. Sy het selfs goue oorbelle aan gehad; dit moes ‘n ryk gesin gewees het, ” het sy bygevoeg.

Die vrou het egter bygevoeg: “Alhoewel almal baie gelukkig was, was dit ook hartseer om te sien dat Christina self geskok was oor al die mense om haar. Almal het vrae gehad en met haar gepraat, maar sy het niks gesê nie. Sy was oorweldig deur die groot skare mense wat haar verwelkom het.”

Christina is in 2014 ontvoer toe ISIS Qaraqosh ingeval het. Die stad was destyds hoofsaaklik ‘n Christen-gemeenskap; die vegters het ook die huis van die Abadas-gesin, beset.

Op 22 Augustus het vegters Christina uit haar ma se arms gegryp en gewere op Ayda, haar moeder, gerig toe sy haar wou terugneem. Sedertdien is Christina nie weer gesien nie. In verskeie onderhoude het die Abadas-gesin gepraat oor hulle begeerte om hulle kind weer te sien.

Haar moeder prys die Here vir haar dogtertjie se veilige terugkeer na die gesin.

https://www.christiantoday.com/article/iraqi.christian.girl.kidnapped.by.isis.returns.home.after.3.years.missing/109910.htm

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.