8 Maart 2018

Mighty Families vind volgende naweek plaas en die organiseerders is opgewonde oor wat die Here weer eens op Wilde Als gaan doen.

“Al is daar verandering op die hoogste vlak in die land, maar gesinne word nie sterker in Jesus Christus nie, sal ons die punt mis,” sê dr. Arno van Niekerk, die voorsitter van Mighty Families. “ Psalm 127 verduidelik my stelling. Alles begin by die huis, want as gesinne ineenstort, stort alles ineen. Daarom glo ons Mighty Families is ʼn inisiatief uit Vader se hart om dít wat die belangrikste is te koester en met die regte waardes ʼn toekoms te bou. Ná IT’S TIME en met al die deurbrake in ons land sedertdien, is dit nou tyd om ons gesinne aan die Here op te dra. Dís waaroor Mighty Families gaan. Ons roep oud en jonk bymekaar om voor die Here saam te kom.”

Die Mighty Families-nweek wat van 16-18 Maart 2018 gaan plaasvind by Wilde Als, die plaas waar die onvergeetlike IT’S TIME net buite Bloemfontein gehou is, gaan behoorlik ʼn gesinsfees in God se teenwoordigheid wees! Daar is spesiaal voorbereidings getref vir kinders met heelwat klem op kinderbediening. Daar is ook ʼn groot speelarea (100m x 100m gras) waar die kinders onder toesig hulleself sal kan geniet. Living Ball gaan daar bedieningsaktiwiteite aanbied, asook Radikids.

“Ons berei ʼn eetarea voor waar mense lekker kan ontspan en daar is kampplek gereed gemaak vir sowat 20 000 kampeerders – met storte en geriewe! Kom kamp of besoek daagliks; een en elkeen is so welkom om hierdie heerlike belewenis mee te maak. Dit gaan onvergeetlik wees!” sê Arno.

Verrigtinge begin Vrydagaand 16 Maart om 18h00 en eindig die Sondag om 12h00. (Sien die program hieronder). Bring asseblief kampstoele, ʼn hoed, sonbrandmiddel, ens. Daar sal veilige parkering, toilette, waterpunte met getoetste drinkwater, kosstalletjies en professionele sekuriteit beskikbaar wees. Die gras op die konferensieterrein sal gesny wees en borde langs die pad gaan spesifieke roetes en parkeerareas duidelik aandui soos mense nader aan die plaas kom.

Die kamparea, eetarea, kinderspeelarea en parkeerareas is alles loopafstand van die verhoog af.

“Ons het daarna gestreef om die byeenkoms op die hoogste moontlike standaard te reël sodat jy ʼn heerlike gesinstyd en samesyn met hope pret kan geniet. Dit alles tot eer van die Here soos ons Sy teenwoordigheid geniet. Die Here seën u!” – dr. Arno van Niekerk

PROGRAM vir 16-18 Maart 2018 by Wilde Als Plaas (Bloemfontein)

VRYDAG: 16 Maart 2018 – Familie Seën Aand

18h00 – Verwelkoming en reëlings

– Getuienis van Wayde van Niekerk

– Lof en aanbidding gelei deur Heinz Winckler & Span

– Prediking van die Woord deur Errol Naidoo

– Lof & aanbidding en Gebed & Familie Seën

 

SATERDAG: 17 Maart 2018 – Familie Feesdag

9h30 – Kinderbediening

– Opening en reëlings

– Lof en aanbidding gelei deur Heinz Winckler & Span

– Prediking van die Woord deur dr Elza Meyer

– Lof & aanbidding en Gebed

16h00 – Opening met gebed

– Getuienis van ʼn gesin

– Lof & aanbidding gelei deur Heinz Winckler & Span

– Prediking van die Woord deur dr John Mphaphuli

– Lof & aanbidding en Gebed

19h00 Jeugaand – Verwelkoming van jongmense en gesinne

– Getuienis deur Lindy-Ann Hopley

– Lof & aanbidding deur Heinz Winckler en ʼn Jeug-bedieningspan

– Prediking van die Woord deur Ivor Swartz van #Imagine

– Lof & aanbidding en Gebed

 

SONDAG: 18 Maart 2018 – Familie Toewydingsdag

9h30 – Verwelkoming en Gebed

– Kinderbediening

– Lof & aanbidding gelei deur Heinz Winckler & Span

– Prediking van die Woord deur dr Isak Burger

– Nagmaal (na die kort getuienis van Dr Frieda Pienaar)

– Gebed en Afsluiting van die naweek (12h00)

Besoek gerus die webtuiste http://www.mightyfamilies.co.za/

MIGHTY FAMILIES_Brief aan Publiek


 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.