-deur Cip.nl

17 April 2018

Navorsers van die universiteit van Tel Aviv het  ’n wêreldwye toename in antisemitisme gesien gedurende 2017. Die jaar is gekenmerk as  een waarin antisemitisme ’n vlak bereik het wat nog nie sedert die Tweede Wêreldoorlog weer waargeneem is nie.

Onlangs het die Universiteit van Tel Aviv se  Kantor Sentrum vir die Bestudering van Kontemporêre Europese Joodse Sake sy jaarlikse navorsingsverslag oor wêreldwye antisemitisme bekendgemaak.  Die skrywers van die verslag verklaar dat daar ’n wêreldwye toename in antisemitisme is.

Die Kantor Sentrum sien ‘n geleidelike terugkeer van tradisionele antisemitisme. ’n Opvallende voorbeeld is die radikale Islamiste se gebruik van antisemitiese temas wat uit Europa en die Christendom kom. Volgens die navorsers word die woord “Jood” steeds meer as skelwoord gebruik, en word dit as skelwoord onlosmaaklik verbind met anti-Joodse opvattings.

Daling in fisieke geweld

Ten spyte van die toename in antisemitisme, is daar’’n afname in gewelddadige antisemitisme. Volgens die navorsers het die aantal gevalle van fisieke aanvalle teen Jode verlede jaar met 9% gedaal.

Nieteenstaande hierdie afname is die gevalle van antisemitiese geweld steeds ernstig. Byvoorbeeld, die akademici noem’’n aantal gebeure in Frankryk. Verlede jaar hets ’n 66-jarige Jodinin Parys  gesterf toe sy van die balkon van haar woonstel afgegooi is. Nog ’n Jodin wat die volksmoord van die Tweede Wêreldoorlog oorleef het is verlede maand in Parys vermoor en is haar lyk deur die oortreder verbrand.

In 2016 is daar ook ’n afname in die aantal fisikse aanvalle waargeneem, maar volgens die navorsers is hierdie deurlopende vermindering as gevolg van verbeterde  veiligheidsmaatreëls. Daarom word die afname in gewelddadige aanvalle nie soseer as ’n positiewe verandering beskou nie, daar dat die maatreëls as noodsaaklik geag word – veral gegewe die stydging in ander vorme van antisemitisme.

Styging in alle ander vorme van antisemitisme

Behalwe vir fisieke geweld, is daar ’n toename in alle vorme van antisemitiese voorvalle. Dit sluit in dreigemente, intimidasies, beledigings, vandalisme en oproepe vir die uitmoor van alle Jode.

Die navorsers sien ’n aansienlike verskil  tussen die eerste tien maande van 2017 — waar daar geen ongewone vlakke van antisemitisme was nie –  en die laaste twee maande, waar daar ’n beduidende toename was. Die skrywers van die verslag beskou pres. Donald Trump se erkenning van Jerusalem as die hoofstad van Israel as ’n belangrike rede vir hierdie toename. Dit Amerikaanse besluit word as voorwendsel gebruik vir stormagtige demonstrasies wat hand aan hand gaan met aanvalle op Jode, die skree van antisemitiese slagspreuke en oproepe tot geweld en moord.

Erodering van die Joodse lewe

Die Kantor Sentrum het vasgestel dat Jode in Europa toenemend onseker voel en dat  hulle soms ingeperk voel in die beoefening van hul geloof. In die geval van Frankryk praat die navorsers selfs van ’n “interne eksodus”,  met Jode wat verhuis en van skole verander om antisemitisme te vermy. Die skrywers van die verslag verklaar dat daar in byna geen openbare skool in Frankryk meer  Joodse kinders is nie.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.