2 Julie 2018

Volgens ’n berig op CBN News (abcnews.go.com) is mense beveel om te ontruim met warm, droë winde wat wegholbrande aanblaas in landelike Noord-Kalifornië, Amerika.

Die vinnig bewegende vlamme wat Saterdag in die westelike Yolo-distrik uitgebreek het, het minstens 88 vierkante kilometer plantegroei verbrand en meer as 100 strukture in die landelike gebied noordwes van Sacramento bedreig. Geen beserings is aangemeld nie en dit is nie duidelik presies hoeveel mense reeds ontruim is nie.

Dit was een van die twee groot veldbrande in die noordelike deel van die staat, waar die temperatuur skerp gestyg het.

’n Vuur wat vir ’n paar dae in die weste in Lake County gebrand het, het die voorbrande oorgesteek, wat gelei het tot die ontruimings. Daardie vuur is onder beheer gebring nadat 57 vierkante kilometer beboste gebied en 20 strukture afgebrand het.

Rook van die Yolo County-brand het tot swak luggehalte in die Napa-, Sonoma-, San Mateo- en San Francisco-gebiede gelei, volgens die nasionale weerdiens.

Die rokerige waas het mense van die wynlandgemeenskappe senuweeagtig gemaak; hulle gebied is verlede jaar deur vernietigende veldbrande verwoes.


Bron Associated Press en cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.