-deur George Thomas / CBN News

 6 April 2018

Dit is een van die bekendste Skrifgedeeltes in die Bybel wat volgelinge van Jesus Christus beveel om dissipels te maak van alle nasies, maar ‘n nuwe opname toon dat ‘n skokkende aantal Amerikaanse Christene  nog nooit gehoor het van “ Die  Groot Opdrag” nie.

Die gedeelte in Matteus 28:19-20 lui “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Die Christen-navorser, George Barna, het ontdek dat die helfte van die Amerikaanse kerkgangers, ‘n verbysterende 51 persent, gesê het hulle het nog nooit van die  term, “Die Groot Opdrag” gehoor nie en onder diegene wat wel daarvan gehoor het, was slegs 17 persent vertroud met die Bybelse verwysing.

Op die vraag: “Het jy al van die Groot Opdrag gehoor?” Het mense soos volg gereageer:

  • 6 persent het geantwoord: “Ek is nie seker nie”
  • 17 persent het geantwoord: “Ja, en dit beteken …”
  • 25 persent antwoord “Ja, maar ek kan nie die presiese betekenis herroep nie”
  • 51 persent antwoord “Nee”

“Die data dui daarop dat kerke die frase minder gebruik, wat ‘n gebrek aan prioriteit of fokus op die werk van die Groot Opdrag  openbaar, maar dit kan ook aandui dat die frase, eerder as die Skrif  eenvoudig nie meer gebruik word nie,” het die Barna-verslag gesê.

Ouderdom was ook ‘n groot faktor om te bepaal of mense van die Groot Opdrag gehoor het.

“Meer ouer mense het al van die term gehoor, terwyl net 10 persent mense jonger as 25 al daarvan gehoor het.


Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.