-deur CIP.nl

23 Februarie 2018

Billy Graham (99), wat Woensdag oorlede is, was vasbeslote om die res van sy lewensdae met die Woord van God deur te bring. Billy se seun, Franklin Graham, het onlangs via Facebook die Bybel-teks onthul wat oral in sy vader se huis gelees kon word. Hy verduidelik wat die geestelike betekenis daarvan vir sy pa was.

“My pa het nog altyd een Bybelvers in baie groot letters teen die muur van sy slaapkamer gehad,” skryf Graham op Facebook. “Dit kan trouens ook in die eetkamer, in die badkamer en op dosyne ander plekke in die huis aangetref word.”

Net voor sy 95ste verjaardag, het Graham senior aan ‘n preek gewerk gegrond op sy gunstelingBybelteks.

“Dit was sy vurige ywer om die teks uit sy kop uit te leer, om sy hart en gees daarmee te voed. Hy het dit sý Bybelvers gemaak.”

Dit gaan oor Galasiërs 6:14: “Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld.”


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.