-deur Dick van den Bos

14 September 2018

Die herrie is los In Amerika oor Nike. Die multimiljard maatskappy het ’n veldtog uitgesaai waarin die omstrede Amerikaanse basketbalspeler, Colin Kaepernick, gesien kan word. Kaepernick weier om op te staan wanneer die Amerikaanse volkslied gespeel word in protes teen hoe swart mense volgens hom in die land behandel word.

Baie konserwatiewe Amerikaners is ontstoke hieroor, insluitend talle Christene omdat hy Amerika nie respekteer nie – en tog het Nike hom gebruik vir die veldtog. Hy is ook vyandiggesind teenoor president Donald Trump.

Talle eienaars van Nike-produkte is kwaad en het uiting gegee op sosiale media: “As gevolg van hierdie veldtog sal ek nooit weer Nike dra nie!” Party van hulle het selfs Nike-produkte verbrand. Maar wat sou Jesus doen?

’n Lid van die Claremore Restoration Church in Claremore, Oklahoma, het versoek dat alle anti-Nike-verbruikers hul Nike-items na sy kerk toe moet bring waar dit aan hawelose mense uitgedeel kan word.

“Ons probeer om die debakel in iets positiefs te verander en vra,” Wat sal Jesus doen? ” Dis nie net oor Nike nie, ons sal enigiets neem om om mense in nood te help. As jy iets gaan verbrand, om watter rede ook al, skenk dit liewer aan ons. ”


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.