-deur EWN / Reuters

28 Mei 2018

Volgens ’n berig van Eye Witness News (EWN) het familielede van twee sterwende Ebola-pasiënte hulle sonder toestemming uit die hospitaal verwyder en na ’n gebedsbyeenkoms  in Mbandaka, ’n hawestad in die Demokratiese Republiek van die Kongo, geneem waar 50 ander mense teenwoordig was.

Al twee die pasiënte was in die aktiewe fase van die siekte en het gebraak. Hulle het ure na die gebedsessie gesterf. Omdat die siekte versprei word deur kontak met aansteeklike liggaamsvloeistowwe soos braaksel en sweet, is al 50 mense wat by die gebedsessie teenwoordig was, aan die dodelik siekte blootgestel.

Die Demokratiese Republiek van die Kongo is besig om die negende uitbraak van die siekte in die land te beperk . Volgens die berig in EWN het dr. Peter Salama, hoof van noodleniging van die Wêreldgesondheidorganisasie gesê: “Al wat dit verg is een siek individu om  met die Kongorivier af te reis en die uitbraak kan versprei na ander gebiede.”

Tot dusver het daar 22 mense tydens hierdie uitbraak aan die siekte beswyk.

Byskrif: Foto AFP


Bron: ewn.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.