-CBN Nuus`

7 Desember 2017

President Trump het die wêreld  Woensdag in rep en roer gehad deur Jerusalem as die hoofstad van Israel te erken. Hy het ook beveel dat die Amerikaanse ambassade van Tel Aviv na Jerusalem verskuif moet word – iets wat drie Amerikaanse presidente versuim het om te doen.

Baie mense loof hierdie besluit en sommige noem dit selfs profeties.

“Dit is ‘n buitengewone gebeurtenis. Van die begin van die Ou Testament af is dit baie duidelik dat Jerusalem ‘n rol in die geskiedenis van Israel en die geskiedenis van die Christendom sou speel,” het dr. Corné Bekker,  professor by die Christelike navorsingsuniversiteit, Regent University in Virginia, Amerika aan CBN News gesê. Die Skrifte het gesê dat Jerusalem die plek sal wees waar die horing van Dawid verhef sal word.”

CBN News se gebedsleier, Jay Comisky, glo dit is net een van die redes vir ons om dit te vier.

“Ons het gesien dat Israel herstel is. Volgende jaar vier hulle hul 70ste jaar as ‘n nasie en vanjaar herdenk hulle die 50ste jaar dat Jerusalem onder hulle jurisdiksie is. Ek dink daar is baie uiteenlopende redes waarom ons verheug moet wees en president Trump moet bedank vir soveel moed om dit te doen. ”

Terwyl Jode en Christene hierdie dag as ‘n antwoord op gebed sien, veroordeel die Arabiese wêreld die stap en die Palestyne het  belowe dat daar drie dae van woede sal volg.

Dit is om hierdie rede dat Comisky glo daar moet nou nog meer as ooit vir Jerusalem gebid word.

“Ongeag van wat aangaan, ons kan vir vrede bid vir die Palestyne en vir die Jode. Kom ons vra die Here om enige  vure wat deur die mens aangesteek is deur die reën van die hemel te blus,” het hy gesê. “Psalm 122:6-9 lui:Bid dat Jerusalem vrede mag hê, dat hulle wat hom liefhet, rustig mag woon. Mag daar vrede wees binne jou mure, rus in jou wonings. Ter wille van my broers en my vriende wens ek jou vrede toe. Ter wille van die huis van die Here ons God bid ek dat dit met jou goed sal gaan.”

Comisky en Bekker moedig Christene aan om só vir Israel te bid:

  1. Bid vir die vrede van Jerusalem.

2 Bid dat God se volmaakte wil in Jerusalem en die groter Midde-Ooste sal geskied.

  1. Bid vir wyse leierskap van president Trump, premier Netanyahu, en Palestynse leier, Mahmoud Abbas gedurende hierdie vreugdevolle dog onbestendige tyd.
  2. Bid dat God sy Gees sal uitstort soos belowe in die boek Handelinge.
  3. Bid dat die Liggaam van Christus nie sal ophou bid vir Jerusalem nie

Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.