2 February 2018
– by Alyssa Duvall / Hello Christian.com

Dinsdagaand het pres. Donald Trump sy eerste staatsrede voor  ‘n gesamentlike sitting van die kongres gelewer. Die president het ʼn paar van die meer omstrede stappe van sy administrasie aangeroer; het verskeie van Amerika se grootste bedreigings en uitdagings genoem; en inspirerende verhale van hoop en moed met die nasie gedeel. Hier is die top-vyf oomblikke van die toespraak, kyk gerus na die president se volledige toespraak in die video onderaan die artikel. 

  1. Om Amerika weer ʼn groot nasie te maak, is ‘n “missie van geregtigheid”

“Ons het elke dag met ‘n duidelike visie en ‘n missie van geregtigheid vorentoe beweeg –  om Amerika weer ʼn wonderlike plek vir alle Amerikaners te maak,” het Trump gesê. “Ons het gedeel in die hoogtepunte van oorwinning en die pyn van swaarkry. Ons het vloede en brande en storms verduur. Maar deur dit alles is die skoonheid van Amerika se siel en die staal in Amerika se hart onthul.”

  1. “In God we trust”

Die president het gepraat van sy begeerte om die land te help verenig as “’n verenigde span, een span, een volk en een Amerikaanse familie.” Hy het gesê: “In Amerika weet ons dat geloof en die gesin, nie die regering en burokrasie nie, die middelpunt van die Amerikaanse samelewing is . Ons leuse is: ‘In God we trust.’ ”

  1. Voordele van belastinghervorming

Trump het die lys van sy prestasies gedurende sy eerste ampsjaar beklemtoon. Trump het die belastinghervormingsinisiatief, “Tax Cuts and Jobs Act” beklemtoon,  “ ‘n maatreël wat sal help om ons landburgers minder afhanklik van welsynsbystand te wees en op te hef sodat hulle self hulle boord kan verdien, van afhanklikheid tot selfstandigheid en van armoede tot voorspoed.” Trump het verder gesê: “Aangesien belastingverlagings nuwe werksgeleenthede skep, moet ons belê in die van die arbeidsmark en opleiding. Laat ons groot handelskole open sodat ons toekomstige werknemers ‘n vaardigheid kan aanleer en hul volle potensiaal kan bereik. Laat ons werkende gesinne bystaan deur betaalde  gesinsverlof te steun. ”

  1. Irak en Sirië: ISIS is bykans verslaan

Trump het sy plan aangeroer om die Islamitiese staat se terreurgroep uit te roei, wat voorheen feitlik ongehinderd toegelaat is om met die volksmoord teen Christene, Yazidis en ander godsdiensminderhede in die Midde-Ooste voort te gaan. “Verlede jaar het ek ook belowe dat ons met ons bondgenote sal saamwerk om ISIS van die aardbol te vee. Een jaar later is ek trots om te rapporteer dat die koalisie om ISIS te verslaan, amper 100 persent van die gebied  bevry het wat deur hierdie moordenaars in Irak en Sirië beset was, “het die president verklaar. “Maar daar is nog baie meer werk wat gedoen moet word. Ons sal ons stryd voortsit totdat ISIS verslaan is.”

  1. Israel-ambassade Verskuiwing En Buitelandse Steun

Met verwysing na sy omstrede besluit  in Desember om Jerusalem as Israel se hoofstad te erken en die Amerikaanse ambassade daarheen te verskuif, het Trump  ook gesê dat lande wat “in die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies teen Amerika se soewereine reg gestem het om hierdie erkenning aan Israel te verleen, kan verwag dat daar ‘n einde sal wees aan buitelandse hulp vanAmerika. “Amerikaanse belastingbetalers stuur  elke jaar miljarde dollars se hulp aan daardie einste lande,” het hy verduidelik. “Daarom vra ek die kongres vanaand vir wetgewing  wat sal verseker dat die dollars van Amerikaanse buitelandse hulpverlening altyd Amerikaanse belange sal dien en slegs na vriende van Amerika sal gaan. ”

Kyk na die president se volledige toespraak in die video hier onder:


Bron: hellochristian.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.