– deur Breitbart London

17 Februarie 2017

Byskrif: Foto: Evert-Jan Daniels / AFP / Getty

(Reuters) – Veldtogte vir die Nederlandse verkiesing het afgeskop met die anti-Islam-leier, Geert Wilders, as die voorloper in ’n verkiesing wat die anti-establishmentgevoel gaan toets wat daartoe gelei het dat Brittanje die Europese Unie verlaat het en Donald Trump as Amerika se president verkies is. 

Wilders, wat euroskepties, en anti-immigrasie aanhanger van Trump is, het die 15de Maart se parlementêre verkiesing as die begin van ‘n “Patriotiese Lente” in Europa bestempel, Franse en Duitse kiesers sal in Mei en September ook na die stembusse gaan.

In teenstelling met Trump se oorwinning en die Brexit-stem, sal dit nie ‘n skok wees as Wilders en sy party die verkiesing wen nie. Hy loop vir die afgelope twee jaar voor in meningspeilings en die gefragmenteerde politieke landskap beteken ‘n koalisie-regering van vier of meer partye is onvermydelik. 

Sy vernaamste teenstander, eerste minister Mark Rutte, van die konserwatiewe VVD Party, hoop dat ’n versterkende ekonomiese sy gewildheid sal herstel wat hy tydens die moeilike ekonomiese jare tussen 2012 en 2014 verloor het.


Bron: www.breitbart.com


Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.