-deur Lourieke Haller

19 Junie 2017

Dr. Arno van Niekerk is gevra om Afrikaners by Vuka Africa se ‘100 Days of Healing the Nation’-veldtog te verteenwoordig en as gasspreker op te tree tydens die Jeugdag-vieringe op 16 Junie.

“Ons het ʼn kragtige tyd van genesing tussen verskillende rassegroepe beleef. Dit is ongetwyfeld die sleutel om ons nasie te help bevry,” het hy gesê.

Linda Gobodo, die stigter van Vuka Africa het tydens die byeenkoms gesê: “Vir 40 jaar lank vier ons gedenk ons die dood op hierdie dag. Nie meer nie. Suid-Afrika sal van 16 Junie 2017 voorts die LEWE vier!”

Vuka Africa beteken: Africa Arise / Afrika word wakker, staan op.

Linda Gobodo het in 1997 His Church Kingdom Ministries in Sandton, Johannesburg gestig en die kerk vir tien jaar lank gelei.  In daardie tyd het sy ‘n roeping  vir Afrika ontvang en in 2001 die Vuka Africa Foundation gestig. Vuka Africa lei  tans ‘n veldtog wat Afrikane in Afrika en die diaspora oproep om op te staan en verantwoordelikheid te neem om hulle vasteland te herbou. Die sleutel is om die boodskap uit te dra en vir almal om hulle gawes, vaardighede, vermoëns, netwerke en ervaring aan te wend om hulle geboorteland te herbou en te herstel.

Vuka Africa het die volgende stelling gemaak: “Ons nasie het ʼn groot behoefte aan genesing, laat ons dus byeenkom en verklaar dat genesing vir 100 dae (16 Junie tot 24 September 2017) ʼn prioriteit sal wees. Ons sal genesing in ons lewe, ons gesinne, ons kerke, ons gemeenskappe en ons nasie bevorder. Laat die Rivier van Genesing vloei!”

Die Stigting baseer hierdie veldtog op Openbaring 22:2: “…en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies...”


Bron: vukaafricafoundation.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.