-deur Michael F. Haverluck (OneNewsNow.com)

6 November 2018

’n Vrou wat regter Brett Kavanaugh van die Verenigde State se Hoogste Hof (SCOTUS) beskuldig het van seksuele aanrandings het erken dat sy die aanklagte gemaak het om “aandag te trek”.

Die voorsitter van die senaat se justisiekomitee, mnr. Chuck Grassley, het gevra dat daar ’n kriminele ondersoek gedoen word na Judy Munro-Leighton weens haar vals beskuldigings teen Kavanaugh wat nou bestempel word as deel van ’n poging om Kavanaugh as benoemde vir die pos van hoofregter in die hoogste hof van die VSA skade te berokken.

Grassley het uitgewys dat ’n aantal feite in Munro-Leighton se getuienis teen Kavanaugh nie klop nie.

“Gegewe haar betreklik unieke van, kon die ondersoekbeamptes met behulp van publieke inligting maklik bepaal dat me. Munro-Leighton: (1) ’n linkse aktivis is; (2) dekades ouer is as regter Kavanaugh; en (3) nie in die Washington, D.C., area of ​​Kalifornië woon nie, maar in Kentucky,” het Grassley se brief aan die Amerikaanse prokureur-generaal gelui.

Toe sy oor haar aanvanklike bewering uitgevra is, het die waarheid uiteindelik aan die lig gekom. Munro-Leighton het gelieg omdat sy nie die konserwatiewe Kavanaugh as regter in die hoogste hof in Amerika wou sien nie.

“Op 1 November 2018 het komiteelede per telefoon met me Munro-Leighton gepraat oor die aanklagte van seksuele aanranding wat sy teen regter Kavanaugh gelê het,” het Grassley in die brief geskryf. “Me Munro-Leighton het erken dat sy – in teenstelling met haar vorige bewerings – nie seksueel deur regter Kavanaugh aangerand is nie. Toe sy direk deur die ondersoekspan gevra is of sy die aanvanklike ‘Jane Doe’ brief geskryf het wat aan senator Harris gestuur is met die aanklagte – soos sy beweer het, het sy erken: ‘Nee, nee, nee. Ek het dit gedoen as ’n manier om aandag te trek.’”

Die senaat se justisieleier het die erns van die vals eise teen Kavanaugh beklemtoon.

“Die komitee is dankbaar vir burgers wat met toepaslike inligting en in goeie trou na vore kom – selfs al is hulle nie 100 persent seker oor wat hulle weet nie,” het Grassley voortgegaan. “Maar wanneer individue die komitee opsetlik mislei, misbruik hulle die hulpbronne van die komitee en belemmer ons werk.”

Hy het verder gewaarsku dat dié wat vals inligting verskaf het om Kavanaugh te inkrimineer, waarskynlik die wet oortree het en dat hulle in die nabye toekoms self aangekla kan word.

Pres. Donald Trump het die Demokrate se smeerveldtog sterk veroordeel.

“‘n Snedige aanklaer van regter Kavanaugh het pas erken dat sy leuens vertel het … Vals!” Het Trump op Twitter gesê. “Kan jy jou voorstel as hy nie ’n regter van die hoogste hof geword het nie as gevolg van haar aanstootlike vals beskuldigings. Wat van die ander? Wat sê die Demokrate hieroor?”

“Sy het oor leuens vertel oor verkragting – oor verkragting,” het Trump volgens USA Today gesê. “Sy het oor verkragting gejok en daar word van ons verwag om maar net stil te bly en dit te sluk.”

Daar moet nog gesien word of die een getuie wat nie haar bewerings teruggetrek het nie – Kavanaugh se oorspronklike aanklaer, Christine Blasey Ford – sal hou by haar aanklagte van seksuele aanranding.


Bron: onenewsnow.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.