-deur Vaiva

9 Mei 2018

“Herinner die wêreld daaraan dat almal mooi is.” Dit is die woorde van Ilka Brühl – ’n 26-jarige vrou uit Duitsland, wat dit haar lewenstaak gemaak het om ’n positiewe boodskap te verkondig deur haar eie verhaal.

Sedert die dag dat sy gebore is, het Ilka ’n uitdagende lewe gely. “Ek is gebore met ‘n gesplete verhemelte en die lugweë in my neus het nooit behoorlik gevorm nie,” het sy aan Project Grenzenlos gesê. “Daarbenewens het my regteroog ook nie ’n traanbuisie  nie sodat my regteroog voortdurend waterig is.”

Ná talle operasies is Ilka ’n sterk, selfversekerde vrou wat haar storie en ervarings deel, met die hoop om mense aan te moedig om hulself lief te hê. Twee jaar gelede het sy begin om vir sommige van haar fotograafvriende as model te poseer. “Daar was soveel positiewe terugvoer dat ek moed gekry het om myself te wys soos ek lyk. Net soos ek is,” het sy gesê.

Ilka deel haar foto’s en motiveer mense om uit hul dop te kruip en hulle ware  skoonheid na vore te laat kom. “Daar is net een manier om lelik te wees: met ’n lelike karakter. Niemand hoef weg te kruip as gevolg van hul voorkoms nie!”

Byskrif: Sina Nikita Photography Report


Bron: boredpanda.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.