-deur Will Maule

15 April 2018

Daar is nêrens wat gevaarliker is om ‘n evangelis te wees as in Noord-Korea nie. Ons weet almal van vreeslike gruwels wat gelowiges in die onderdrukkende kommunistiese land in die gesig staar.

Die vervolging van Christene in China is egter ook uiters ernstig. Kan jy jou dus voorstel hoe moeilik dit is om die boodskap van Jesus Christus op die grens tussen die twee nasies te verkondig? Dit is uiters gevaarlik. Tog is daar ‘n brawe groep Christene wat die boodskap van Christus aan hierdie twee nasies verkondig.

Eerw. Kim Kyou Ho is  een van die leiers wat  daagliks sy lewe waag om die goeie nuus van die evangelie te versprei. Hy het aan Asia News gesê dat baie mense wat by evangelisasie betrokke raak in hierdie streek, dikwels net verdwyn en daarna nooit weer gesien word nie. Baie mense glo dat hulle ontvoer of vermoor word.

Een van die sendelinge, ‘n Koreaans-Chinese vrou, wat anoniem wil bly, onthul dat sy dag en nag deur die Chinese en Noord-Koreaanse owerhede dopgehou word. Ten spyte van hiervan is sy vasberade om voort te gaan met haar evangelisasiewerk.

Die Noord-Koreaanse regering beweer steeds dat dit die godsdiensvryheid van sy 24 miljoen inheemse mense beskerm. In werklikheid voer die regering ‘n wrede veldtog van onderdrukking teen Christene – met harde-arbeidstrafkampe, gevangenisstraf, aanrandings en selfs teregstellings. Eerw. Han Chung-ryeol, ‘n Koreaans-Chinese pastoor, is net een van diegene wat onder bisarre omstandighede gesterf het terwyl hy besig was om te evangeliseer. Hy het ‘n kerk gelei in die Chinese grensdorp, Changbai, voordat hy in April 2016 wreed met ʼn byl vermoor is.

Ten spyte daarvan dat hulle hul leier onder sulke gewelddadige omstandighede verloor het, staan ​​Han se gemeente sterk – hulle verkondig die evangelie met moed. ʼn Banier by die hek van hulle kerk verklaar: “Martelaar en pastoor, Han Chung-ryeol ons is trots op jou!”

Hou aan om vir hierdie dapper volgelinge van Jesus te bid.


Bron: faithwire.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.