-deur Hendriëlle de Groot | Cip.nl

7 Desember 2017

Daar is ’n geheime boodskap op ’n baie onwaarskynlike plek gevind –  in ‘n beeld van Jesus in ‘n Spaanse katedraal.

Die beeld, Cristo del Miserere, is vir ‘n herstelwerk uit die kerk in Noord-Spanje geneem. Werkers het toe ‘n verborge holte aan die agterkant van die standbeeld ontdek wat met ‘n stukkie lap bedek is, skryf die Spaanse nuusblad ABC.

In die agterkant van die standbeeld is ’n briefie uit 1777 gevind wat deur Joaquín Mínguez, die priester van die katedraal van Burgo de Osma, geskryf is. Verskeie diverse onderwerpe word in Muguez se brief bespreek. Dit beskryf  die gemeenskapslewe van 240 jaar gelede. Minguez het die gewilde speletjies van die tyd, soos kaart- en balspeletjies, beskryf. Hy het genoem dat tifus en malaria algemeen voorkom en onthul dat koring, rog en gars die belangrikste gewasse is. “Die oes was volop,” het hy geskryf met verwysing na die wingerde van sy tuisdorp.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.