18 Augustus 2018

Die VN se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, het aangedring op ’n onafhanklike ondersoek na die Saoedi-koalisie se bombardering van ’n besige mark in die Houthi-beheerde gebied van Saada in Jemen op 9 Augustus. Hierdie aanval het tot meer as 50 sterftes gelei, waaronder 29 kinders wat per bus op ’n uitstappie was. 

Kolonel Turki al-Malki, ’n woordvoerder van die Saoedi-geleide koalisie, het ontken dat kinders in die aanval gesterf het. Hy het daarop aangedring dat die aanval op ’n “regmatige teiken” gemik was. Vroeg in hierdie konflik het die Saoedi-koalisie (wat die Verenigde Arabiese Emirate, Bahrein, Koeweit, Egipte, Jordanië, Marokko, Senegal, Soedan en Tunisië insluit) die hele provinsie van Saada, die tuiste van meer as 800 000 mense, as ’n militêre teiken verklaar.

Hierdie laaste bom aanval het vrae laat ontstaan oor die voortgesette verskaffing van wapens en kundigheid deur Westerse lande (veral die VSA, die Verenigde Koninkryk en Frankryk) aan die Saoedi-koalisie.

Jemen, ’n land wat tradisioneel geslote is vir die Evangelie, het ’n klein groepie gelowiges wat goeie nuus het om met ander te deel ten spyte van hul wanhopige situasie. Een gelowige het gesê: “Ons geloof groei omdat ons nie meer vrees nie. God het ons deur al die krisisse en oorlog bemagtig om die Evangelie te deel ongeag van waar ons ons bevind.” 

Bid saam met ons vir Jemen in hierdie moeilike tye. Bid vir die klein groepie Jemeense gelowiges wat met vrymoedigheid hul hoop in Christus deel.

“Ons het nie nodig om in die ruimtes uit te roep na ’n afwesige God nie. Hy is nader aan ons as ons eie siel, nader as ons diepste mees geheime gedagtes.” (A.W. Tozer)


Deur Donnelly McCleland
www.incontextinternational.org

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.