16 Februarie 2017

In ʼn berig van Maroela Media vra Herman Toerien waarom sommige die jongste nuus oor ʼn reeks plaasmoorde in sommige media ’n hoofvoorbladstorie maak, terwyl ander dit heeltemal ignoreer.

Volgens hom is die argument van die regering dat Suid-Afrika ’n misdaadgolf beleef en dat plaasaanvalle ’n “gewone” deel hiervan sal wees.

Hy skryf: “ Ja, Suid-Afrika beleef ’n misdaadgolf en vertroue in die polisie en die howe neem drasties af, volgens Statistiek Suid-Afrika. Altesaam 70% van alle Suid-Afrikaners voel snags onveilig. Talle voorvalle van misdaad word nie by die polisie aangemeld nie omdat geglo word die polisie sal niks daaraan doen nie. Maar die deel wat die Seunse Weenkoor nié wil raaksien nie, is dat plaasmoorde in Suid-Afrika pro rata drie keer meer as moorde onder alle Suid- Afrikaners voorkom (en dié syfer is ver bo die wêreldgemiddeld), en dat dit selfs twee keer so hoog is as die moordkoers onder polisielede.”

AfriForum het in ʼn mediavrystelling daarop gewys dat daar sedert die begin van Februarie 30 plaasaanvalle was waartydens 11 mense wreed vermoor is. Volksblad se hoofvoorbladstorie handel hieroor, maar op News 24 ontbreek nuus oor plaasaanvalle die afgelope 24 uur heeltemal.

“Die voorkoms van plaasaanvalle, die wreedheid daarvan, asook plaasmoorde se frekwensie, is buitengewoon hoog, en behoort opsigself nuuswaardig te wees. Dit verdien die simpatie van elke regdenkende Suid-Afrikaner,” skryf Toerien.

Byskrif: Argieffoto


Lees die volledige berig by Maroela Media maroelamedia.co.za


Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.