16 April 2018
– deur Emily Jones / CBN News
Urim Bogaj het in ‘n Moslem-gesin grootgeword wat Christene gehaat het, maar alles het verander toe sy tannie in 1999, net ná die Oos-Europese land in ʼn bloedige oorlog betrokke was, tot bekering gekom het.
Sy het haar nuutgevonde geloof met die 15-jarige Urim gedeel. “Dit was moeilik om na haar te luister en om te aanvaar wat sy sê. Ons het altyd geglo dat Christene verraderlike slange was. Ek wou nie ‘n Christen word nie,” het hy aan die Global News Alliance gesê.
Urim het egter die Bybel begin lees en uiteindelik sy lewe aan Christus oorgegee. Sy familie was ontsteld oor die nuus van sy bekering. Ten spyte daarvan het hy voortgegaan om die Evangelie met hulle te deel en uiteindelik het sy hele familie Islam verwerp en ook Christene geword.
Nou het hy ‘n kerk in Malisheve geplant, die eerste een wat die meerderheid Moslemstad in 700 jaar gesien het.
“Natuurlik was daar was uitdagings – allerhande vervolging en verdrukking,” het hy gesê.
Urim versoek die wêreldgemeenskap van gelowiges om te bid vir die werk wat daar gedoen word.
“As die eerste generasie Christene hier het ons julle gebede nodig. Bid asseblief dat ons standvastig sal wees vir Christus … om die wedloop te voltooi en te volhard tot die einde.”
Home