-deur Lifesite News

11 November 2017

(Washington, DC) – [Lifesitenews.com] “Ek is ‘n massamoordenaar, ” het ‘n voormalige aborsiedokter gesê  wat nou pro-lewe is. Sy het dit gesê terwyl sy ‘n Amerikaanse parlementêre komitee toegespreek het ter steun van wetgewing wat aborsies van babas met ʼn hartklop, sal verbied. Dit word die Heartbeat Protection Act genoem. Dr. Kathi Aultman is ʼn ginekoloog en verloskundige.

Hierdie wetgewing sal bykans alle aborsies stop, deur dit vir dokters onwettig te maak om babas met ʼn hartklop, te laat aborteer.  ʼn Baba se hart begin op 21 dae ná bevrugting klop.

“Ek hou daarvan om volwassenes te ontmoet wie se geboorte ek waargeneem het, maar dit is altyd bittersoet omdat ek dan ook herinner word aan al die mense wat ek nooit sal ontmoet nie, want ek het hulle help aborteer,” het Aultman getuig. “Dit herinner my dat ek ‘n massamoordenaar is. Net omdat ons nie kan sien wie hulle eendag sal word nie, voel ons geregverdig om ongebore babas op te offer,” het sy gesê. “Ons samelewing is blootgestel aan uiterste propaganda van aborsie-ondersteuners,” het sy gesê. “Ons het ons taal aangepas om aborsie meer aanvaarbaar te maak.”

Later het Aultman getuig dat toe sy nog ʼn aborsievoorstander was, sy die geaborteerde babas “fetusse”  genoem het, maar dié babas wie se geboorte sy as ginekoloog waargeneem het, as “babas” beskou het.

Aultman het vertel van die “klein, maar volmaakte ledemate, ingewande, niere en ander organe” van geaborteerde babas wat sy onder mikroskope ondersoek het.

Aultman het gesê haar sienings het verander nadat sy gesien het hoe jong vroue wat lewe vir hulle babas gekies het, wonderlik goed gevaar het in vergelyking met die vroue wat verskriklik gely het in die nasleep van aborsie.

“Ek glo nie ‘n vrou kan ongedeerd daarvan afkom nadat sy haar kind vermoor het nie,” het sy gesê.

Byskrif: (Foto: Dr. Kathi Aultman, ‘n voormalige aborsie wat nou pro-lewe is / YouTube / via LifeSiteNews.com)


Bron: lifesitenews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.