– deur Maroela Media

8 Junie 2017

Die voormalige 50/50-aanbieder, Johann Botha is Woensdagaand tydens ʼn rooftog in Johannesburg doodgeskiet.

Willie Spies, besturende direkteur van Pretoria FM, het aan Maroela Media gesê Botha se agent het sy dood bevestig. “Ons weet nog nie veel van wat gebeur het nie. Al wat ek weet is hy was by die Zebra Inn in Maboneng en hy en die eienaar is tydens ʼn rooftog doodgeskiet. Ons is vanoggend daarvan in kennis gestel,” het Spies gesê. 

Botha, ʼn bekende in bewaringskringe en die voormalige uitvoerende regisseur van die natuurprogram 50/50, was sedert die begin van die jaar die aanbieder van Pretoria FM se gewilde Sondagaandprogram Nagmusiek.

Die polisie het die voorval bevestig en gesê sake van moord en sakeroof word ondersoek. Niemand is al in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.


Lees volledige berig by maroelamedia.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.