-deur Hendriëlle de Groot

11 September 2018

Tydens ’n reeks aanvalle in die Nigeriese deelstaat Plateau is daar verlede week weer ten minste twintig Christene om die lewe gebring. Dít, ten spyte van die vredespogings van die godsdienstige politieke leiers in die land, berig The Christian Post

Drie maande gelede het swaar gewapende Fulani-vegters vyftien dorpe aangeval het in dieselfde gebied van Barkin Ladi, wat hoofsaaklik Christelik is. Meer as 230 mense is doodgemaak. Meer as 11 500 mense moes noodgedwonge toevlug soek in 13 ander dorpe in die staat, terwyl ’n onbekende aantal mense beseer is tydens die aanval.

President Buhari word gekritiseer vir sy beweerde “louwarm” reaksie op die volgehoue ​​Fulani-geweld in die land. Hy het die stad, Jos, besoek om ’n ontplooiing van veiligheidsmagte in die streek aan te kondig, maar World Watch Monitor het egter ontdek dat nog dorpe die volgende dag aangeval is. Sedertdien duur die geweld onverpoos voort.

Onder die slagoffers van die mees onlangse aanval, was ’n leraar en vier van sy gesinslede. Die vyftigjarige Adamu Wurum Gygang en sy drie kinders is aan die brand gesteek en het onherkenbaar verbrand. Sy vrou, die 45-jarige Jummai, is geskiet en het in ’n plas bloed gesterf. Meer as 14 mense is tydens die aanval vermoor, 95 huise is afgebrand en landbougewasse is vernietig.

Joshua Kim (43), wat Abonong op 29 Augustus besoek het, het aan World Watch Monitor gesê eerw. Gyang, wat in sy kerkgebou woon, het homself saam met sy drie kinders in hul kamer toegesluit tydens die aanval. Die aanvallers het Jummai geskiet en die kamer aangeval waar haar gesin weggekruip het. Gyang en die ander slagoffers is op 29 Augustus 2018 in ’n massagraf in Nigerië begrawe.

Die oudste seun, die 27-jarige Adamu, ’n derdejaarstudent aan die Universiteit van Jos, het die aanval oorleef. “Ek was op kampus toe ek ’n boodskap op Facebook oor die aanval gesien het. Ek het my pa gebel, sy foon was af. Toe het ek my ma bel, haar selfoon was ook af.” Adamu het daarin geslaag om met iemand anders kontak te maak wat hom van sy ouers en drie broers se dood vertel het. Hy was “gebroke” toe hy sy ma se liggaam en die oorskot van sy pa en drie broers sien wat onherkenbaar verbrand is.

“My pa was nog altyd die sterkste van ons gesin gewees, op die oomblik weet ek nie hoe my lewe sonder hom gaan wees nie.”


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.