4 Januarie 2019

As jy daaraan dink om ’n slimfoon vir jou kind te kry, vra jouself af: is hulle gemaklik om moeilike gesprekke met jou te hê?

Te dikwels word al die pret, gelag en tyd wat ’n mens veronderstel is om saam deur te bring in die vakansie onderbreek deur slimfone. Dit is die grootste ironie van ons tyd: die toestelle wat ons verbind hou, is ook die toestelle wat ons hegte bande verbreek.

Dus, as jy dit oorweeg om ’n slimfoon vir jou kind te kry, maak seker jy gaan twee keer deur jou lysie. Soos die webtuiste, Covenant Eyes, sê, om jou kind ’n slimfoon of ander internet-gekoppelde toestel te gee, sonder om ten volle voorbereid te wees, kan ’n groot fout wees.

Een ding wat alle ouers kan, en moet doen, is om filters op hul kinders se slimfone te sit. Die goeie nuus is dat die nuutste Apple-toestelle ’n nuwe funksie het – “screentime” – wat ouers wonderlike beheer gee oor die tyd en gebruik van hul kinders se fone. Nog belangriker as filters is die verhoudings en die gesprekke wat ons met ons kinders het.

Kinders is vindingryk. As hulle regtig wil, sal hulle ’n manier vind om enige filter of program of grense wat ons in plek stel, te omseil. Ons moet dus vra, soos Josh McDowell vir jare al sê: Verstaan ons kinders ​​ons reëls binne die konteks van hul verhouding met ons?

Volgens die Bybel is die twee grootste gebooie nie om gehoorsaam of gewillig te wees nie. Die grootste gebod is om lief te hê. Die belangrikste ding omtrent ons en ons kinders is wie of wat ons liefhet. Wat is dit wat ons kinders die meeste liefhet? En wat verstaan hulle van ons liefde vir hulle?

Dra ons aan ons kinders oor dat ons hulle liefhet en dat God hulle liefhet? Verstaan ​​hulle dat God se weg nie net die waarheid is nie, maar ook goed is?

Watter voorbeeld stel ons vir hulle? As ons wil hê ons kinders moet die Here bo alles liefhê, is dit wat ons doen? Volg ons die tegnologie beginsels wat ons van ons kinders verwag?

Begin gesprekke oor hoe om die foon te gebruik om verhoudings te help en nie te benadeel nie en praat oor basiese filosofiese vrae soos: is slimfone goed of sleg?

Kyk na die drie gratis video’s van Axis wat by BreakPoint.org/phone beskikbaar is. Hulle sal jou help om die grense te evalueer vir jou kinders se slimfoongebruik.


Bron: christianheadlines.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.