-deur Donnelly McCleland

10 Oktober 2018
Kabinetsministers is Sondag 7 Oktober deur die Israeliese premier, Benjamin Netanyahu gewaarsku dat Israel voorberei vir ’n moontlike militêre veldtog in die Gasastrook, indien die humanitêre toestande in dié gebied veroorsaak dat skermutselings by die grens buite beheer raak. Daar word berig dat drie Palestyne, insluitend ’n 14-jarige seun doodgemaak en tientalle beseer is toe ongeveer 20 000 Palestyne Vrydag aan gewelddadige betogings by die grens van Gaza deelgeneem het. Die betogers het handgranate gegooi en probeer om deur die versperrings te breek.

Hierdie gewelddadige betogings by die grens het in die afgelope weke dramaties toegeneem, en het bekend geword as die “Groot Terugkeer Mars”. Wat aanvanklik as ’n weeklikse gebeurtenis aan die einde van Maart begin het, het begin afneem aangesien Hamas in indirekte gesprekke met Israel betrokke was om ‘n wapenstilstand te bewerkstellig. Gesprekke het ʼn dooiepunt bereik, en Hamas het die tempo van onrus en betogings teen Israel verhoog.

Daarbenewens beweer die Palestynse Owerheid (wat die Wes-Bank beheer) dat hulle nie geldelik verantwoordelik gehou moet word vir die Gasastrook, waar Hamas in beheer is nie. Hulle het probeer om Hamas te dwing om te ontwapen deur noodsaaklike hulpbronne te weerhou. Die krisis in die Gasastrook het net vererger, waar inwoners elektrisiteit en watertekorte beleef. Israel en Egipte het ook beperkings op die beweging van mense en goedere in en uit Gasa geplaas wat die lewe in die gebied ongelooflik moeilik maak.

Bid asseblief saam met ons vir ’n diplomatieke deurbraak vir die Gasa-krisis en dat ’n volskaalse oorlog afgeweer sal word.

“Dit is die opperbevel. Deur middel van gebed gaan ons na ons vyand, ons staan ​​aan sy kant en ons pleit by God vir hom. “(Dietrich Bonhoeffer)


Bron: incontextinternational.org

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.