-deur Alex Williams

16 Mei 2018

Selfmoordbomaanvalle wat drie kerke in Indonesië se tweede grootste stad geteiken het, is deur die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies veroordeel. António Guterres het die aanvalle wat Sondag ten minste agt mense in Surabaya gedood het, as “verskriklik” beskryf en het sy medelye met die gesinne uitgespreek van die slagoffers.

Die polisie het gesê die aanvalle is uitgevoer deur ses lede van een gesin – insluitend twee meisies van nege en twaalf jaar oud – almal is dood in die aanval. Islamitiese staat het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar. Guterres se woordvoerder het in ‘n verklaring gesê: “Hy is geskok oor berigte dat kinders gebruik is om aan die aanvalle deel te neem.”

Gemeentes in die Rooms-Katolieke Kerk van Santa Maria, die Christelike Kerk van Diponegoro en die Pantekosta Kerk is geteiken in die ontploffing. Een-en-veertig mense is beseer.

Beamptes het gesê die familie wat die aanval geloods het, het uit Sirië teruggekeer na Indonesië.

Kenners het gewaarsku dat die beraamde 1100 Indonesiërs wat na Sirië gereis het om die Islamitiese staat te ondersteun,  ’n bedreiging inhou wanneer hulle terugkeer huis toe.

Guterres se woordvoerder het bygevoeg: “Die sekretaris-generaal spreek sy medelye uit met  die families van die slagoffers en wens beseerdes  ’n spoedige herstel toe.”


Bron: premier.org.uk

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.