-deur JNS.org

12 Februarie 2019

Uit ’n lys van 79 verslae wat by die komende 40ste mensregteraadsvergadering van die Verenigde Nasies (VN) hanteer moet word, sal 7 gewy word daaraan om Israel te betig.

Na verwagting sal nie een verslag die beweerde aanhouding van meer as een miljoen Uyghur en Turkse Moslems in afgeleë Chinese strafkampe hanteer nie, ondanks die vertoë van talle menseregte-organisasies.

Die verslae behels ook Maleisië, Saoedi-Arabië, Sri Lanka en Tunisië en daar is twee verslae elk vir Iran en Sirië – twee van die vernaamste lande wat hulle aan menseregteskendings skuldig maak.

’n Lys van resolusies waaroor daar gestem gaan word, sal na verwagting binnekort bekendgestel word. Die uitvoerende direkteur van U.N. Watch, Hillel Neuer, het The Jerusalem Post meegedeel dat vyf resolusies teen Israel verwag word.

Onder die verslae is een wat voorstel dat besighede op ’n swart lys geplaas word wat sake doen met Jode in Judea, Samaria, Oos-Jerusalem en die Golan Hoogtes.


Bron: unitedwithisrael.org

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.