-deur Heather Clark

16 November 2018

Beeldmateriaal wat deur ’n hommeltuig geneem is, bied ’n blik op die vernietiging van Paradise, Kalifornië, wat verlede week in ’n verwoestende brand vernietig is. Die vuur woed nog steeds en die dodetal staan nou op 56, met meer as 100 mense wat nog vermis word.

Die beeldmateriaal wys straat op straat waar huise en besighede tot op die grond afgebrand het in ’n dorp met sowat 27 000 inwoners.

“Ek het nooit gedink dat ’n hele dorp verwoes kon word nie. Die hele dorp is weg,” het Karin Kaksonen gesê, wat die beeldmateriaal geneem het. “Ek weet nog nie hoe om dit te verwerk nie.”

Mercury News het ook skokkende lugfoto’s beskikbaar gestel, met woonbuurte wat feitlik heeltemal uitgewis is, behalwe vir ’n paar huise wat wonderbaarlik nie geraak is nie.

Die vuur het meer as 138 000 hektaar in Butte County afgebrand, met 10 321 strukture wat vernietig is.

Meer as 5 000 brandbestryders probeer die brand blus. Lede van die weermagsoek na liggame in die puin. In Suidelike Kalifornië woed die Woolsey- en Hill-brande steeds voort.

In Oktober is die Suid-Kaap in Suid-Afrika ook weer eens deur verwoestende brande getref. Agt mense is in die brande oorlede. Meer as 600 brandbestryders het geveg om die vure by George onder beheer te bring. Meer as 90 000 ha is in die vuur afgebrand.


Bronne: christiannews.net; capetalk.co.zanews24.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.