-deur Charlene Aaron, Emily Jones / CBN News

25 Mei 2018

Die rolprentvervaardigers van Show Dogs – ’n kinderprent oor ’n speurhond wat as geheime agent aan ’n hondeskou moet deelneem – het besluit om die rolprent weer te redigeer nadat verontwaardigde ouers en aktiviste aangevoer het tonele in die rolprent grens aan pedofilie en berei kinders voor vir seksuele misbruik (“sexual grooming”).

Global Road Entertainment het besluit om twee tonele uit die rolprent  te verwyder wat volgens sommige kritici nie gepas is vir ’n kinderrolprent nie, het ’n woordvoerder vir CBN News gesê. “Die maatskappy neem hierdie saak baie ernstig op en is verbind tot die verskaffing van gehalte vermaak vir die gepaste gehore. Ons vra om verskoning vir enigiemand wat gevoel het die oorspronklike weergawe van Show Dogs het ’n onvanpaste boodskap aan kinders oorgedra. ’n Voorskou van die hersiene weergawe van die rolprent kan hierdie naweek landwyd weer gesien word.”

’n Ma en blogger, Terina Maldonado,  was een van die eerste mense wat kapsie gemaak het teen die rolprent. Sy het in haar blog genaamd, “Show Dogs, Don’t Let Your Children Be Groomed, Use This to Teach Them,” geskryf:

As part of any dog show, contestants are judged on their abilities and physical attributes. One part, in particular, is the inspection of the dog’s private parts. Being that Max is new to competing, he needs to learn the process, so his partner, Frank, along with a former show champion work to get him ready for the final round of the competition. Since the inspection of the private parts will happen in the finals, Frank touches Max’s private parts to get him use to it. Of course, Max doesn’t like it and snaps at Frank for him to stop. Max is then told by the former champion, who has been through the process before, that he needs to go to his ‘Zen place’ while it happens so he can get through it. More attempts are made by Frank to touch Max’s private parts, but Max is still having trouble letting it happen and keeps snapping at him.

     The day of the finals comes and if Max doesn’t let his private parts be touched, he may lose the competition and any hope of finding the kidnapped panda. It all rests on his ability to let someone touch his private parts. The judge’s hands slowly reach behind Max and he goes to his ‘Zen place.’ He’s flying through the sky, dancing with his partner, there are fireworks and flowers—everything is great—all while someone is touching his private parts.

 

Maldonado was nie die enigste een wat alarm gemaak het oor die rolprent vir kinders nie. Die Nasionale Sentrum vir Seksuele Mishandeling het gesê die rolprent stel kinders bloot aan ongewenste  aanraking van die geslagsdele. Die organisasie het ’n verklaring oor die rolprent se twyfelagtige toneel uitgereik.

Show Dogs verkondig ’n ontstellende boodskap aan kinders, dit berei hulle voor vir seksuele misbruik,” het Dawn Hawkins, die uitvoerende direkteur van die Nasionale Sentrum vir Seksuele Mishandeling, gesê. “Kinderrolprente moet ’n hoër standaard handhaaf en moet kinders leer om in beheer te wees van wat met hulle liggame gebeur, en bemagtig met die vermoë om “nee” te sê. Rolprente moenie  verwarrende boodskappe oordra wat ongewenste aanraking van geslagsdele aanmoedig nie.”

Byskrif: (Movie Poster via CBN News)

Bron: breakingchristiannews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.