-deur The Gospel Truth

15 Junie 2017

Die Here is werksaam in Japan, wat ‘n meerderheidsbevolking van Shinto en Boeddhistiese mense het. Christene, wat slegs 1% van die bevolking uitmaak, was ‘n dryfkrag in die ontwikkeling van die land.

Japan het agt Christen-eerste ministers gehad: Hara Takashi, Shigeru Yoshida, Taro Aso, Takahashi Korekiyo, Tetsu Katayama, Ichiro Hatoyama, Masayoshi Ohira en Yukio Hatoyama. Tans dra evangelistiese pogings in die land veel vrug – talle mense het ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus ontdek en is onlangs in die Naam van die Here Jesus gedoop.

‘Apostolics of Japan’ op Facebook, plaas gereeld nuus oor nuwe bekeerlinge wat na die Here toe gekom het. “Ons doelwit is om ‘n forum te skep wat die Apostoliese bediening in Japan, en effektiewe kommunikasie oor wat die Here daar doen, sal bevorder,” lui hulle boodskap.


Bron: thegospeltruthnewspaper.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.