14 Februarie 2018
– deur Leah Marie Ann Klett

Sendelinge wat in die Filippyne werk, het oor die verrassende gevolge gerapporteer wat president Rodrigo Duterte se omstrede aanslag op dwelmgebruikers en -handelaars in die land tot gevolg het gehad het – dit het die groei van die Christendom bevorder.

Sedert die begin van die veldtog  in Julie 2016 het Duterte se dodelike dwelmoorlog gelei tot bykans 12 000 sterftes, meestal stedelike armes. Dit is deur menseregtegroepe veroordeel. Die polisie sê dat hulle in die afgelope 16 maande 3 967 mense gedood het. Nog 2 290 mense is in dwelmverwante misdade vermoor, terwyl duisende ander sterftes onopgelos bly, volgens die regering se data. 

Om te verhoed dat hulle deur die polisie geskiet word, het honderdduisende dwelmgebruikers en -verkopers hulle by die land se rehabilitasiesentrums aangemeld. Omdat hierdie sentrums oorvol is, kry die Christelike dwelmrehabilitasieprogramme die geleentheid om te help, het Christian Aid Mission, ‘n organisasie sonder winsoogmerk, gesê.

“Ons het die geleentheid om die Evangelie in ‘n dwelmrehabilitasieprogram aan dwelmgebruikers en –handelaars te verkondig,” het die direkteur van nog ‘n inheemse bediening gesê. “Ons loof die Here vir dié wat Christus aangeneem het.”

Die direkteur het gesê die groep het “ware transformasie” in die lewens van voormalige dwelmverslaafdes en gevangenes gesien.

“Vanuit die duisternis na die lig, van slawerny tot vryheid, van dood na die lewe –  net Christus kon hulle red.

“Die Duterte-administrasie het geleenthede vir ons geskep om uit te reik na dwelmverslaafdes in plaaslike gemeenskappe, rehabilitasiesentrums en na gevangenes in verskeie gevangenisse deur die hele land. God het vir ons ‘n ryp oes gegee.”

Bron: www.christianpost.com

Return to Home

Gee Jou Mening

Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.