(14 Januarie 2016)

Verskeie liggame het op die grond gelê by Sultanahmet-plein, naby aan die Blou Moskee en Hagia Sophia, ʼn wêrelderfenisplek en belangrike toeriste-area in die stad.

Die kantoor van Istanboel se goewerneur sê die owerhede ondersoek die soort plofstof wat in die bomaanval gebruik is en wie moontlik vir die aanval verantwoordelik was.

Die kantoor het ook bevestig dat tien mense dood en vyftien beseer is, maar het geen verdere besonderhede verstrek nie.

Turkye se AHaber-televisie het gesê die ontploffing is waarskynlik die werk van ʼn selfmoordbomaanvaller.

Die polisie het die strate in die omgewing afgesper. “Ons tref voorsorgmaatreëls teen ʼn moontlike tweede ontploffing,” het ʼn polisiebeampte op die toneel gesê terwyl hy mense van die plein af begelei het.

Die ontploffing kom net meer as ʼn jaar nadat ʼn vroulike selfmoordbomaanvaller haar by ʼn polisiekantoor vir toeriste naby dieselfde plein opgeblaas het. Een polisieoffisier is in die ontploffing dood en een is beseer.

Verantwoordelikheid vir die aanval is aanvanklik deur ʼn verlinkse groep aanvaar.

Koerde, linksgesindes en ander militante het in die verlede almal aanvalle in Turkye uitgevoer.

Turkye, ʼn ondersteuner van die Islamitiese Staat (ISIS, het ʼn teiken vir radikales geword met twee groot bomaanvalle wat die land die afgelope tyd geruk het.

Die een aanval was op die dorp, Suruc, naby die Siriese grens, en die ander in die hoofstad, Ankara, waarin meer as 100 mense dood is.

Die aanslag sal ʼn negatiewe impak op toerisme in Turkye hê.


Bron: www.praag.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.