Deur Jericho Walls

17 Februarie 2017

 Op die 26 Februarie sal Christene om 17:00 weer verenig in gebed vir Suid-Afrika.

UP4SA bied nog ‘n geleentheid om vir ‘n uur van gebed vir ons land te verenig. Meer as 160 dorpe / gemeenskappe het in 2016 geregistreer en ons vertrou die Here vir ʼn groter verenigde poging in 2017… 

UP4SA nooi geestelike leiers om ’n verklaring (jou gebed / jou hart) vir Suid-Afrika van een paragraaf lank via e-pos of gewone pos vir ons te stuur sodat ons dit op ons Facebook-blad kan plaas.

‘n Kombinasie van al die verklarings wat ontvang word, sal ook in ’n oudioformaat beskikbaar gestel word sodat almal wat aan die biduur deelneem, daarna kan luister. Vyf voorafopgeneemde aanbiddingsliedjies sal ook beskikbaar wees om tydens die biduur te speel (Joe Niemand, Loyiso Bala, Katlego Maboe, Dewald Gouws & New Beginnings Care Centre-groep). 

Daar word gemeenskapsleiers benodig om vrywilligers te wees en die koördinering van ’n gebedsbyeenkoms in hulle gemeenskap / area te behartig. Elke gemeenskapsleier wat ’n vrywilliger is, sal ‘n hulppakket ontvang en sal toegerus word om die gebedsbyeenkoms te koördineer. LEES MEER..

Besoek gerus www.up4sa.co.za om uit te vind of jou dorp geregistreer is.

KONTAK: admin@up4sa.co.za  / 082 462 1540.

www.jwipn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.