8 November 2018

Visepresident Mike Pence het vandeesweek gesê gebed is die “weg na genesing vir ons land.”

Pence het dit gesê tydens ’n onderhoud met CBN News.

“Soos elke vorige Amerikaanse president glo ek in die rol van voorsienigheid in die lewe van hierdie nasie,” het die visepresident gesê. “Ek glo werklik dat die gebede van die Amerikaanse volk ’n verskil gemaak het. Selfs in hierdie tye wat ons nasie so verdeeld is, glo ek dat daardie gebede die weg na genesing is vir ons land.”

Hy het geglo dat die Republikeine die huis van verteenwoordigers sal behou, maar in die tussenverkiesing het die Demokrate dit nou verower.

Wat gebeur noudat die kongres (huis van verteenwoordigers en die senaat) deur twee verskillende partye beheer word?

In Dinsdag se tussenverkiesing het die Demokrate die huis van verteenwoordigers verower. Republikeine het die senaat behou.

Wie het nou meer mag: die huis van verteenwoordigers of die senaat? Wat is die verskil tussen die huis van verteenwoordigers en die senaat?

Die huis van verteenwoordigers (die huis)

Die huis bestaan ​​uit 435 verteenwoordigers wat elkeen vir ’n termyn van twee jaar verkies word. Die aantal verteenwoordigers per staat is proporsioneel tot die staat se bevolking, en elke verteenwoordiger dien sy of haar distrik.

Soos die senaat is die huis verantwoordelik vir die indiening van wetsontwerpe en -wysigings en lede van albei liggame dien in komitees – soos dié vir die begroting en die regbank.

Die huis het die gesag om ’n mosie van wantroue teen staatsamptenare in te stel en dit beheer die staatskoffers.

Met ’n Demokratiese meerderheid sal die huis wetsontwerpe kan voorlê wat senators kan dwing om besluite te neem wat die Republikeinse party se steun onder kiesers skade kan berokken.

Die Senaat

Die senaat het meer aansien, deels omdat daar baie minder senators as verteenwoordigers is, maar ook omdat die grondwet die groep unieke magte gee.

Daar is in totaal 100 senators, twee per staat. Elkeen word vir ’n termyn van ses jaar verkies.

Die grondwet gee die senaat die bevoegdheid om presidensiële nominasies goed te keur, insluitende die regters vir die hoogste hof. Senatore moet ook verdrae met die buiteland goedkeur.

Hoewel die huis mosies van wantroue kan loods, word die saak dan na die senaat verwys. Die mag om sulke verhore te bestuur, berus by die senaat alleen wat in wese dien as die jurie, soos toe die senaat vir pres. Bill Clinton in 1999 vrygespreek het.

Ten minste twee derdes van die senatore moet die president skuldig bevind om hom uit sy amp te verwyder.

Watter een van die twee het meer mag?

Hoewel die senaat en die huis soortgelyke verantwoordelikhede het, het die aardsvaders van Amerika elk sekere spesialiteite gegee. Hulle het baie bepaalde en afsonderlike funksies om te vervul. In die senaat is dit nominasies en verdrae en in die huis is dit belasting en besteding.

Foto: CBN Nuus / YouTube


Bronne: faithwire.com en nytimes.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.