13 September 2017
-deur Errol Naidoo

Die media het ‘n skokkende voorval (wat op video vasgelê is) waarin ‘n skoolhoof en twee onderwysers ‘n leerling by ‘n skool in KwaZulu-Natal verkrag het. Dit is tragies dat seksuele aanvalle op skoolmeisies in openbare skole niks nuuts nie.

In 2013 het die departement van gesondheid skokkende statistiek oor tienerswangerskappe in KwaZulu-Natal vrygestel. Talle tieners word swanger gemaak deur onderwysers of ouer (getroude) mans.  Tienerswangerskappe en -aborsies is buite beheer in Suid-Afrika. Dit wil voorkom of die regering nie ʼn strategie het om hierdie probleem te bekamp en te voorkom nie.  

Om sake te vererger, werk die regering saam met VN-agentskappe soos UNESCO om die “Comprehensive Sexuality Education” (CSE) in alle openbare skole te implementeer. CSE sal seksuele losbandigheid, verkragting, swangerskappe en aborsies onder tieners in Suid-Afrika net verder verhoog. Ongelukkig teiken UNESCO ook jonger kinders.

Die Kerk se reaksie op die skokkende verslae van seksuele aanrandings op kinders is futloos – dalk onder die wanindruk dat die krisis sal verdwyn as dit geïgnoreer word.

Nog erger is die feit dat seksmisdadigers toegang tot die Kerk verkry, waar hulle kinders onder die dekmantel van gesag en vertroue kan teiken. ʼn Kerk in Kaapstad was onlangs geskok om te ontdek dat hulle jeugpastoor seuns in die kerk misbruik het. Hy is in hegtenis geneem nadat hy naakte foto’s van tieners aangevra het. 

Aanlynpornografie, wat kinderpornografie insluit, is ‘n toenemende bedreiging in die samelewing. Die meeste kinders bekom maklik toegang tot grafiese pornografie op hulle slimfone. Seksmisdadigers maak hoofsaaklik van sosiale media gebruik om hulle slagoffers voor te berei. Mensehandelaars gebruik ook die internet om kinders in seksuele slawerny te lok.

Die Kerk moet dringend toegang tot, en verslawing aan pornografie, en seksuele aanrandings op tieners in skole (sowel as die kerk se eie indiensnemingsbeleid) onder die loep neem en iets daaromtrent doen.  Die siftingsproses vir jeug- en kinderwerkers moet verskerp word. Seksmisdadigers teiken juis veilige hawens soos kerke om toegang tot kwesbare kinders te verkry.

Die bedreiging van kinders deur seksmisdadigers is die hoogste ooit. Die Kerk kan nie meer hierdie gruweldade ignoreer nie. Ons moet die toekomstige geslagte van Suid-Afrika beskerm.


Bron: familypolicyinstitute.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.