Hierdie spesiale projek binne CLF se Een miljoen Bybels vir een miljoen kinders-uitreik, begin met die storie van ’n ouma wat die dag voor Kersfees die nuus ontvang het dat haar 3-jarige kleinseun met ’n aggressiewe kanker gediagnoseer is. Vandag is hierdie jongman ’n gesonde 12-jarige en sy dankbare ouma skenk maandeliks 33 van CLF se pragtige Kinderbybels aan kankerpasiëntjies van Tygerberg Hospitaal, sodat hulle kan hoor dat God hulle baie liefhet en die pad saam met hulle loop.

Geborgde Bybels vir CANSA se TLC-program
Daar is egter baie kankerpasiëntjies in ander hospitale dwarsoor ons land, wat ook nodig het om van God se liefde te hoor en daarom het CLF se donateurs hulle harte en beursies oopgemaak. Die resultaat is meer as 2 500 geborgde Bybels wat in samewerking met CANSA se TLC-program landswyd kankerpasiëntjies se harte kan verbly.

Stralende mammas en blinkoog pasiëntjies
Stel jou die kankerpasiëntjies en kinders met langtermynsiektes se blydskap en opwinding voor wanneer hulle met blink ogies ’n eie Bybel of ’n Ja! Kleuter-pakket ontvang. Ook die mammas wie se kinders in kinderonkologiesaal is, straal wanneer hulle saam met hulle kind deur die boeke blaai, die illustrasies bekyk en die stories in hulle kind se moedertaal kan voorlees.

Jou skenking kan ’n gesinnetjie wat deur ’n swaar beproewing gaan, se las help verlig. Die wete dat iemand anders aan hulle dink en uit eie sak ’n bydrae maak om hulle las te verlig, laat menige ouer weer moed skep vir die pynlike reis saam met hulle kind.

Dankbare harte
Wanneer die hospitaaldeure agter ons toemaak, ry ons weg met dankbare harte. Dankbaar vir eie gesonde kinders, maar ook vir die voorreg dat ons God se liefde aan siek kindertjies en hulle ouers kon bring.

Hoe kan jy betrokke raak?
• Borg 100 Kinderbybels teen R60 elk.
• Teken ’n debietorder vir die 60-jaar-projek.
• Kontak Ina Willemse by 021 873 7134 of ina@clf.co.za vir die vorm.
• Debietorder van R500 per maand vir 12 maande aan Christelike Lektuurfonds.
• Deponeer ’n eenmalige bedrag van R6 000 (100 Kinderbybels).

Maak vandag ’n verskil in ’n kind se lewe en leer hom / haar van Jesus se alomteenwoordige liefde deur aan hulle ’n eie Kinderbybel te skenk.

Vir meer inligting
• Skakel: 021 873 7134
• e-pos: info@clf.co.za
• Besoek www.clf.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.